Nujoma se kis keer terug na hoofstad

Gister was die laaste streekgedenkdiens voordat wyle stigerspresident Sam Nujoma se kis vandag na Windhoek teruggebring sal word. Nujoma se oorskot sal vandag vanaf Keetmanshoop na Windhoek gevlieg word waar die vlug omstreeks 07:30 sal land. Daarna sal dit as deel van ’n optog deur Windhoek beweeg – vanaf Sam Nujomarylaan na Onafhanklikheidsrylaan tot by Swapo se hoofkantoor waarna die prosessie na die parlementstuine sal beweeg. Môre begin die amptelike gedenkdiens by die Onafhanklikheidstadion en Saterdag word Nujoma finaal by die Heldeakker ter ruste gelê. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het gister ’n kennisgewing uitgereik dat alle skole môre gesluit moet wees sodat leerlinge en ouers ’n geleentheid gegun kan word om hul eer te betoon. Foto Otis Finck

Kommentaar

Republikein 2025-03-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer