• Tuisblad
  • Gebeure
  • PAS IN: Oudpres. van Orania Beweging kom gesels in Windhoek
Foto verskaf
Foto verskaf

PAS IN: Oudpres. van Orania Beweging kom gesels in Windhoek

Yandi Du Plessis
Netwerk Namibië bied op Donderdag 20 Julie ’n praatjie deur Carel Boshoff in Windhoek aan rondom die tema “Kan ʼn klip ophou om ʼn klip te wees? – Orania en die toekoms van ons mense”.

Carel Boshoff het in 1993 die Afrikanervryheidstigting se kantoor vir navorsing en skakeling gevestig, en wandelgangpolitiek beoefen by die grondwetlike onderhandelings in Kempton Park. In 1994 is hy aangestel as voltydse lid van die Volkstaatraad - ingestel ingevolge die destydse oorgangsgrondwet - en in 1997 het hy en sy vrou, Anje, na Orania om verhuis sodat hy die uitvoerende hoof van die Orania Beweging kon word.

As ’n onafhanklike, nie-politiese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie nooi Netwerk almal uit om te kom luister na hierdie interessante gesprek op 20 Julie by Arebbusch Travel Lodge in Windhoek.

ʼn Kaartjie van N$250 (N$2 500 vir 'n tafel van 10) sluit ontbyt in en kan bespreek word by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!