Foto Facebook
Foto Facebook

PAS IN: Praatjie deel insig oor prehistoriese rotskuns

Yandi Du Plessis
#Nuusbrokkie

Die Namibië Wetenskapvereniging bied op Donderdag 15 Junie ‘n openbare praatjie deur András Zboray oor prehistoriese rotskuns van die Sahara aan.

Die aand se praatjie sal ‘n illustratiewe oorsig gee van die belangrikste Sahara-rotskunsareas en -style, hul chronologie en hul hedendaagse plek in die omgewing. 'n Aantal interessante parallelle kan tussen Sahara en Namibiese rotskuns getrek word, wat soortgelyke leefstyle en aanpassingspatrone by soortgelyke omgewingsuitdagings voorstel.

Zboray bestudeer al vir meer as drie dekades Sahara-rotskuns en spandeer baie van hierdie tyd om die prehistoriese kuns in die Jebel Uweinat - Gilf Kebir-streek in die middel van die Libiese woestyn - op die samevloeiende grense van die huidige Egipte, Libië en Soedan – te dokumenteer. Hy is die skrywer van verskeie publikasies oor die onderwerp.

Die geleentheid is oop vir die publiek en begin om 19:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!