PAS IN: Sondagmark met ouwêreldse flair
The Village bied oudergewoonte op 30 Julie sy gewilde Sondagmark aan, dié keer met ’n opwindende uitverkoping op ’n verskeidenheid tweedehandse items en die talentvolle Lize Ehlers wat vir die vermaak sal sorg.
Ontdek versteekte juwele, "vintage" skatte en unieke vondste teen onverbeterlike pryse tussen ’n verskeidenheid stalletjies. Daar sal iets vir almal wees - van nuwerwetse klere tot unieke binneversieringsitems. Natuurlik sal daar ook ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed wees wat besoekers kan geniet en vermaak vir die jongspan.
Gaan snuffel tussen die eklektiese stalletjies tussen 09:00 en 15:00. Die toegangsfooi is N$20 per persoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie