#PasIn: Trek jou tekkies aan vir MS-bewusmaking
Multiple Sclerosis Namibia bied op Saterdag, 20 Mei, sy jaarlikse pretdraf van 5 km ter bewusmaking van veelvuldige sklerose (MS) in die land aan.
Dié fondsinsamelingsgeleentheid spring by die SKW-sportgronde in Olympia weg.
Die organisasie nooi almal uit om spanne in te skryf, betrokke te raak en die nuus van hierdie opwindende geleentheid te deel.
MS is 'n seldsame siekte en baie min is daaroor bekend, wat beteken vroeë diagnoses bly noodsaaklik.
Multiple Sclerosis Namibia is ’n geregistreerde welsynsorganisasie wat MS-pasiënte finansieel ondersteun met medisynekoste, apteekbybetalings, mediese toerusting, bewusmakingskostes en ondersteuningsprogramme - om ‘n paar te noem.
Die sperdatum vir inskrywings is Woensdag, 17 Mei, om 12:00. Registreer aanlyn by windhoekcityrunnersclub.com of kontak Maggie by 264 81 385 5601 vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie