Past Rebooted-inisiatief eer groot sakemanne

Elvira Hattingh
Frank Steffen – Namibia Media Holdings (NMH) het onlangs die inisiatief, Past Rebooted, bekend gestel.

Die inisiatief is in opbou tot 2024 se Toerisme Ekspo.

Tydens die bekendstelling is ’n sakeontbyt by Arebbusch Lodge in Windhoek aangebied, waar gefokus is op plaaslike sakemanne wat ’n nederige begin gehad het.

Dit sluit in persoonlikhede soos onder meer die Herero- en Nama-hoofde Ua Tjirue Tjamuaha en Jonker Afrikaner in, wat met beeste handel gedryf het en so paaie en waterpunte ontwikkel het. Die doel is om weg te breek van politiek.

Dienooreenkomstig is daar tydens die program ook gekyk na die impak wat persoonlikhede soos Adolf Lüderitz, August Stauch, Adolf Woermann en die Voigts-broers, Carl List, Hermann Ohlthaver, Harold Pupkewitz, Frans Indongo en Koos Brandt op die land gehad het.

Nangula Nelulu Uaandja was die hoofaanbieder en is die uitvoerende hoof van die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB). Sy is ’n geoktrooieerde rekenmeester van beroep en het eindelik vir die Namibiese regering begin werk.

Vir die inisiatief sal NMH ten minste 1 000 maatskappye nader om hul geskiedenis op te teken en ook te wys hoe hul verlede hul hede gevorm het en hoe hulle vir die toekoms beplan.

Die inisiatief sal aansluit by die tema “beyond borders”, wat vanjaar die eerste keer deel gevorm het van die programme en slypskole by die ekspo.

Tydens die geleentheid het NMH se uitvoerende hoof, Albé Botha, ’n diamantkompetisie aangekondig – want “diamante hou belofte in van groot dinge wat nog kom”.

’n Diamant ter waarde van N$100 000 kan gewen word. Hy het mense aangeraai om die nommer 264 85-785 6231 te onthou – nie net as hulle vir die kompetisie inskryf nie, maar ook vir nuusgebeure via WhatsApp, waar hulle sleutelwoorde kan intik om nuus te verkry.

Die wenner van die Toeris van die Jaar 2022-’23-kompetisie is ook aangekondig.

Die wenner is Taimi Nuunyango, wat ’n video ingestuur het van haar ervaringe by die Jackalberry Camp van die the Wild Waters Groep.

Die groep, tesame met Gondwana Collection Namibia, Journeys Namibia, Namibia Wildlife Resorts, N/a’an ku sê Collection en O&L Leisure het ses finaliste toegelaat om hul bestemmings te besoek en video’s te maak. Die video’s is op Tourismus Namibia se Facebook-blad beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!