Plaaslike kelpplaas by COP28 vereer

Erken positiewe impak op globale klimaat
Die Zayed-toekenning is in 2008 deur die Verenigde Arabiese Emirate ingestel en vereer volhoubare oplossings op die gebied van gesondheid, voeding, energie, water en klimaatbeskerming.
Brigitte Weidlich,Tanja Bause
Brigitte Weidlich – Die Nederlandse maatskappy Kelp Blue naby Lüderitz is die naweek by die Verenigde Nasies se 28ste Klimaatsveranderingskonferensie (COP28) in Dubai as die wenner van die Zayed-volhoubaarheidstoekenning in die kategorie klimaataksie aangewys.

Die toekenning erken die positiewe impak wat reuse-kelpwoude op die globale klimaat het. Dit verbeter die algemene gesondheid van die oseane aangesien kelp ’n enorme hoeveelheid koolstof absorbeer – selfs meer as al die flora bo die water. Benewens Namibië, het Kelp Blue ook soortgelyke plase en fabrieke in Nieu-Seeland en Alaska.

Die Zayed-toekenning is in 2008 deur die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ingestel en vereer volhoubare oplossings op die gebied van gesondheid, voeding, energie, water en klimaatbeskerming.

Ter ere van Sheikh Zayed bin Sultan Al Nahyan is sowat 106 wenners sedert 2008 vereer. Kelp Blue (Namibia) is in 2020 gestig en verbou reusekelp langs die kus naby Lüderitz, ’n spesie wat nie natuurlik aan die Namibiese kus voorkom nie.

Kelp Blue kweek reuse-kelpwoude en gebruik slegs die plante se “afdak” om biostimulante te vervaardig. Dié produkte stel boere in staat om sintetiese kunsmis te verminder terwyl hulle die plante se weerstand teen klimaatstres verhoog en opbrengste vermeerder.

Reusekelp word ook gebruik om farmaseutiese produkte en verskeie materiale in die tekstielbedryf te vervaardig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!