Seremonie ter herdenking van pres. Hage Geingob
’n Gedenkseremonie is gister by Heroes’ Acre in die hoofstad vir wyle president dr. Hage Geingob gehou. Hy is gister ’n jaar gelede daar ter ruste gelê nadat hy vanaf 2015 tot sy dood as Namibië se derde president gedien het. Sy vrou en voormalige presidentsvrou, Monica Geingos, het tydens die geleentheid ’n toespraak gelewer. “Dis nie moontlik vir my, of enige van die familie of vriende, om namens hom [Geingob] te praat nie. Sy stem is vir altyd stilgemaak, maar sy idees en nalatenskap sal nooit stilgemaak kan word nie en dit sal die toets van tyd deurstaan,” het sy gesê. Foto’s Aurelia Afrikaner
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie