Shililifa vereer
"Shililifa het 'n vol lewe gelei wat deur moed, harde werk en diens aan ander Namibiërs definieër word."
Só het president Nangolo Mbumba wyle Heikky Shililifa vereer by sy gedenkdiens in die Omusatistreek.
Shililifa het tydens die bevrydingstryd PLAN-vegters met sy persoonlike voertuig vervoer na gebiede wat hulle nie anders sou kon bereik nie en het die vegters ook met inligting gehelp. Hy is verskeie kere in hegtenis geneem vir sy ondersteuning van Namibië se onafhanklikheid - onder meer is hy ook tot vyf jaar gevangenisstraf op Robben Eiland gevonnis toe hy skuldig bevind is aan die ondersteuning van terrorisme.
Hy is in 2015 deur wyle president Hage Geingob vereer vir sy bydraes tot Namibië se onafhankwording. Shililifa word vandag in die Omusatistreek begrawe.
- Iréne-Mari van der Walt

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie