Skryf dit in jou dagboek

ELKE WEEK

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7.

NOU AAN DIE GANG

*Shebeen Queens, ’n foto-uitstalling deur Julia Runge, word tot 6 April by Café Prestige by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) uitgestal.

VANDAG

*Vaughn Ahrens tree om 20:00 by The Wolfshack in Windhoek op. Kaartjies is teen N$70 via vaughnahrens.com beskikbaar.

MôRE

*Die Mekenificent-pretdraf (5 km) gevolg deur ’n oefensessie by die St. Pauls-parkeerterrein in Jan Jonkerweg, begin om 05:00. Deelname beloop N$50 vir diegene wat nie lede is nie, en gratis vir Mekenificent-lede. Registreer via WhatsApp by 081 441 7900 of 081 334 3382.

*Die Madisa Challenge is ‘n MTB, vetfiets en veldresies-geleentheid wat by die pragtige Madisa Camp aangebied word. Die MTB-roetes loop deur die klipperige terrein noord van die kamp en die vetfietsroete in die sagte duinsand suid van die kamp. Roetes van 5 km, 10 km en 21 km is ook by die byeenkoms gevoeg, met asemrowende natuurskoon langs die pad. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected].

*Die Finkenstein-bosmark en veldresies (4 & 8km) begin om 07:00 by die landgoed aan die buitewyke van Windhoek. Rig enige navrae aan [email protected].

*Sluit om 08:00 aan by ’n begeleide toer deur Windhoek se botaniese tuin (Orbanstraat 8). Toegang beloop N$20 en is gratis vir lede en diegene onder die ouderdom van 16. Stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

*Vier St. Patricksdag by Joe's Beerhouse met lewendige vermaak deur die Sheep Herding Patricks. Trek groen aan en staan ’n kans om ‘n prys te wen! Toegang beloop N$30 en die pret begin om 11:00.

*Sluit vanaf 17:00 tot 20:00 aan by ’n Picasso-verf- en wynaand by die Cosdef Arts and Crafts Centre in Swakopmund. Deelname kos N$280 en sluit kunsmateriaal, ’n glas wyn of sap en versnaperinge in. Besprekings is noodsaaklik! Kontak 064 406 122 of [email protected].

*Vaughn Ahrens en sy band tree by die Swarthak Kraal op Otjiwarongo op. Kaartjies kos N$200 en sluit ’n ete in. Bring jou eie koelboks. Die openingsvertoning begin om 18:00. Vir meer inligting, kontak Joannie by 081 794 5421.

15 MAART

*Wild Lithops – Namibian Botanical Treasures, ’n praatjie deur Harald Jainta, word om 19:00 by die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut se lesingsaal aangebied. Kontak 081 248 7362 vir enige navrae.

17 MAART

*Die Namibiese Nasionale Simfonieorkes (NNSO) bied – in samewerking met verskeie Duitse musikante – ‘n pragtige aand van klassieke musiek, met melodieë uit die barok-era, maar ook uittreksels uit Bizet se Carmen, by DHPS in Windhoek aan. Kaartjies is teen N$90 tot N$150 via webtickets.com.na beskikbaar.

18 MAART

*Die Swakopmund-nagmark vind tussen 18:00 en 22:00 by die Swakopmund Hotel & Entertainment Centre plaas. Toegang is N$10 en is gratis vir kinders onder 10. Vir meer inligting en om ’n stalletjie te bespreek, kontak Danien by 081 129 0029.

*Die Suid-Afrikaanse komediant Schalk Bezuidenhout en Namibië se Neville Basson bied ’n komedievertoning by Armae buite Okahandja aan. Kaartjies is teen N$250 beskikbaar en kan by 081 150 2626 of 081 315 7197 bespreek word.

19 MAART

*The Wolfshack bied om 11:00 ’n laat ontbyt (“Frühschoppen”) ter viering van St. Patricksdag aan met outentieke lewendige Ierse musiek deur Rob Macdonald en die Clan Mackay. Toegang beloop N$50.

*Inspired Creations (Tienie Louwstraat 13, Windhoek) bied ‘n tweede Pottery & Wine-geleentheid aan, en hierdie keer kan jy jou eie slaaibak maak. Kaartjies kos N$600 en besprekings is noodsaaklik. Stuur ’n WhatsApp na 081 851 6415 om jou plek te bespreek.

*Wine a little, celebrate more, ‘n wynproe-geleentheid, begin om 18:00 by die NIMMS-restaurant in Windhoek. Kaartjies is teen N$100 via webtickets.com.na beskikbaar en sluit ‘n gratis glas wyn in.

23 MAART

*Die rolprent Bye Bye Morons (in Frans) word by die FNCC vertoon. Toegang is gratis.

24 MAART

* Keanu Harker tree tot die 26ste by die Brewer & Butcher in Swakopmund op.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!