Soldate op die hoogste piek in Europa
Drie lede van die Namibiese weermag het onlangs die hoogste punt in Europa, Mount Elbrus (5,6 km hoog), geklim as deel van die Internasionale Militêre Sportraad se byeenkoms vir vrede. Hulle was deel van ’n groep van 13 bergklimmers van onder meer Afrika en Suid-Amerika. Die doel agter dié inisiatief is om vrede te bevorder en internasionale betrekkinge te versterk. Luitenant Gervatius Mpande Shimwanga was die hoof van die Namibiese afvaardiging wat deur Rusland genooi is om aan die geleentheid deel te neem. Luitenant Gideon Hidipo en sersant Nelomba Lottie Kamati was die ander twee Namibiese klimmers. Die geleentheid het op 20 Lulie begin en tot 30 Julie geduur. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie