Toerisme Ekspo bied iets vir almal

Tanja Bause (vertaling)
Frank Steffen – Die Toerisme Ekspo (TE) 2022 se deure open amptelik môre.

Die doel van vanjaar se ekspo is om streektoerisme te bevorder.

’n Beperkte Toerisme Namibië-bylaag sal môre in Namibia Media Holdings (NMH) se koerante verskyn en ’n beperkte aantal van die glanstydskrif sal tydens die TE by NMH se ekspostalletjie beskikbaar wees.

Die Allgemeine Zeitung se kalender vir 2023 sal ook teen ’n spesiale ekspo-prys te koop aangebied word.

Die TE het egter ten doel om verskaffers en kliënte in die toerismebedryf bymekaar te bring. Dit is die rede hoekom nie net die gasvryheidsbedryf by die toerismeskou verteenwoordig word nie, maar ook verskaffers van verskeie alkoholiese produkte.

Meer as 20 verskillende wynhandelsmerke word by die ekspo verteenwoordig en om dit makliker vir besoekers te maak wat graag die verskillende wyne wil proe, is daar soos altyd ’n ruilmuntstelsel (“token system”), waar ’n wynglas saam met vyf ruilmunte vir N$130 gekoop kan word. Die ruilmunte het ’n waarde van N$20 elk.

Natuurlik kan meer ruilmunte gekoop word om by die wynstalletjies te gebruik waar soms ook jenewer en whisky te koop aangebied sal word.

Jenewer word ook by ander stalletjies as ’n spesiale aanbieding verkoop.

Besoekers aan TE kan die volgende pakket vir N$140 koop. Dit sluit twee bottels van die nou gewilde speseryversnitte jenewer in wat genoeg vir vier drankies is, plus twee blikkies tonikum (“tonic”) en twee plastiekglase. Besoekers word dan toegerus om verskillende soorte jenewer te proe.

Bierliefhebbers sal ook waarde vir hul geld kry, want behalwe vir die Namibia Breweries Limited (NBL)-produkte wat op die perseel te vinde is, gaan drie boektiekbrouers hul produkte vir ekspogangers aanbied om te proe.

Meer inligting oor die daaglikse programme sal in die komende dae verskaf word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!