Topjoernalistiek word beloon
Die room van Namibiese joernalistiek word volgende week in Windhoek tydens ’n glansryke geleentheid bekroon in kategorieë wat wissel van sport tot landbou tot politiek.
Die Redakteursforum van Namibië (EFN), in vennootskap met First National Bank (FNB), se gesogte toekenningseremonie vir uitstaande joernalistiek vir 2020 en 2021 vind op 19 Oktober by Droombos plaas.
Die gasspreker is die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis en skrywer Jacques Pauw wat meer lig gaan werp op sy jongste literêre meesterstuk Our Poisoned Land, ’n opvolg op die blitsverkoper The President’s Keepers. Terwyl laasgenoemde gefokus het op die voormalige president Jacob Zuma se donkerste geheime, val die kollig in Our Poisoned Land op hooggeplaaste polisiebeamptes betrokke by staatskaping en wat steeds posisies binne die Valke en eenhede vir misdaadintelligensie beklee.
’n Virtuele onderhoud word ook tydens die geleentheid met die wêreldbekende Israeliese skrywer en historikus Yuval Noah Harari gevoer oor die omvattende impak van kunsmatige intelligensie (KI) op die toekoms van die mensdom en die implikasies wat dit vir joernalistiek inhou. Sapiens: A Brief History of Humankind (2014), Homo Deus: A Brief History of Tomorrow (2016), and 21 Lessons for the 21st Century (2018) het uit sy pen verskyn.
Toekennings word in sewe kategorieë gedoen, met elke wenner wat ’n kontantprys van N$15 000 en ’n sertifikaat ontvang. Die Joernalis van die Jaar vir 2023 sal uit 169 inskrywings van 59 joernaliste gekies word en word beloon met N$25 000.
Kaartjies vir die geleentheid is aanlyn by eticket.my.na teen N$850 per persoon beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie