Vul jou kous by Eros se Kersmark
Handgemaak, tuisgebak en nou ook tweedehands
Die NG Kerk Eros se gewilde Kersmark word vanjaar vir die sesde jaar aangebied.
“Elke jaar is ’n nuwe avontuur met die interessantste en kreatiefste produkte. Vanjaar het ons baie nuwe uitstallers met bykomende produkte, veral op versoek van die publiek.”
So sê Stella Hoon, die eienaar van Studioworx en die organiseerder van die gewilde NG Kerk Eros se Kersmark wat vanjaar vir die sesde jaar aangebied word.
Die mark skop op 24 November af en duur tot 1 Desember.
“Ons Kersmark strek oor agt dae en is daagliks oop vanaf 09:00 tot 19:00 vir diegene wat werk. Besoekers kan rustig in ons ontspanne atmosfeer rondkyk en ‘shop till they drop’.”
Markgangers kan uitsien na tuisgebakte en ingelegde eetgoed en selfs tradisionele Duitse gebakte lekkernye.
Die mark fokus spesifiek op handgemaakte produkte en vanjaar se verskeidenheid sluit in babaklere, paletmeubels, kunswerke en leerprodukte.
“Uitstallers van oraloor Namibië verskaf produkte en neem deel.”
‘VOORHEEN GELIEFD’
Vanjaar word ook voorsiening gemaak vir tweedehandse items soos boeke.
’n Twice Treasured-tafel sal ook beskikbaar wees waar die publiek items kan bring om uitgestal te word en die organiseerders sal dit verkoop.
“Ons streef daarna om gehalteprodukte te ontvang en ’n groot opgewondenheid oor die nuwe initiatief is tans besig om pos te vat,” meen Hoon.
Hoon sê Dinsdag 21 November is die laaste dag wat die publiek aan hierdie inisiatief kan deelneem en hul items inhandig.
Belangstellendes kan hul aansoeke aan [email protected] of via WhatsApp na 081 895 9485 stuur.
STALLETJIES
Die finale inskrywings vir stalletjies sluit ook eerskomende Dinsdag en voornemende uitstallers kan Hoon kontak.
“Die organiseerders hanteer die verkope en dit is dus nie nodig vir uitstallers om te alle tye teenwoordig te wees nie. Hulle kan voortgaan met hul dagtake en net van tyd tot tyd kom kyk dat hulle uitstalruimte netjies is en hulle voorraad deurentyd genoeg is,” verduidelik Hoon.
Slegs een betaalpunt sal beskikbaar wees met ’n strepieskodestelsel om die verkope te reguleer. Kaartfasiliteite asook PayToday sal ook beskikbaar wees.
MARK SE GESKIEDENIS
“Die Kersmark was die breinkind van Annalie Badenhorst. Sy was werklik passievol oor hierdie projek en is deur haar eie skeppende hand geïnspireer,” vertel Hoon.
Badenhorst het dié platform geskep met die oog op Namibiese handgemaakte produkte en om vir mense met ’n talent en passie ’n geleentheid te gee om hul produkte ten toon te stel.
“Annelie het twee jaar gelede terug na Suid-Afrika getrek en die voorreg en geleentheid is aan my toevertrou om by haar oor te neem. Sy het ’n fantastiese grondslag gelê en ek is trots om daarop voort te bou.
“Verlede jaar was die eerste keer wat ek die mark as koördineerder aangebied het en vanjaar kan ek dit met soveel meer ervaring en kennis, en met soveel meer selfvertroue, aanbied.”
Hoon nooi almal uit om vanjaar ’n draai by die mark te maak. Sy bedank ook die publiek en die instansies wat hulle elke jaar ondersteun.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie