Mnr. Cobus van der Walt, wat saam met Bachmus Oil and Fuel Supplies by die Windhoek Skou uitstal, het ook 'n kleinvee-uitstalling by die skou besoek.
Mnr. Cobus van der Walt, wat saam met Bachmus Oil and Fuel Supplies by die Windhoek Skou uitstal, het ook 'n kleinvee-uitstalling by die skou besoek.

Whk Skou hou landbousake naby sy hart

Boere deur droogte, veldbrande gekniehalter
Die Windhoek skou plaas met opgewondenheid die Covid-19-pandemie in die verlede en kyk vooruit na 'n suksesvolle landbouskou.
Iréne-Mari van der Walt
Nagenoeg 13 000 besoekers is reeds in die eerste twee dae van die Windhoek Skou verwelkom nadat dit Vrydag geopen het.

Die spoggeleentheid wat as ’n landbouskou ontstaan het, het deur die jare aanklank gevind by mense van alle agtergronde met ’n mobiele pretpark en ’n wye verskeidenheid stalletjies wat sinoniem met die skou is.

Nadat die skou die afgelope twee jaar deur die Covid-19 pandemie gekniehalter is, is dit nou terug in volle swang.

Die besturende direkteur van die Windhoek Skouvereniging, mnr. Harald Schmidt, glo die publiek se opgewondenheid het selfs voor die skou al begin deurskemer.

“Dit is baie goed ondersteun deur die aantal aansoeke vir uitstallers wat ons ontvang het. Daar was genoegsame getalle dat ons kon kies en keur. Ek is baie bly dat ons hiermee ’n nuwe hoofstuk kon begin,” het hy gesê.

Hy glo organiseerders van die Windhoek Skou het hulle goed van hul taak gekwyt om hul doelwit voor oë te hou.

“Een ding wat baie belangrik geword het, is om vermaaklikheid te bied. Later kan ’n mens die balans verloor en dalk die ware identeit van jou skou prysgee – deur grootliks ’n platform vir vermaaklikheid te bied. Ek is baie bly dat ons hierdie verhouding het met die pretpark, wat die enigste mobiele pretpark in Suider-Afrika is,” sê hy.

Schmidt sê die uitdagings wat in die boerderysektor beleef word, word ook in die skou weerspieël, maar dat die skouvereniging steeds opgewonde is oor die deelname van ’n verskeidenheid boere van oor die hele land.

“Die lewende hawe is baie goed verteenwoordig. Verskeie gebiede het droogte gehad, hoewel ons in ander dele baie goeie reën gehad het. Daardie boere is natuurlik nou hier, maar ek glo daar sou nog meer gewees het indien die hele land ’n goeie reënseisoen kon geniet het.

“Verskeie areas is ook deur veldbrande verwoes en van hierdie boere kan dit natuurlik nie bekostig om bykomende koste aan te gaan nie, maar ons is minstens weer om en by 400 vir grootvee en kleinvee onderskeidelik. Vir die kleinvee is dit maar net ’n derde van waaraan ons gewoond is, maar vir die grootvee is dit darem meer as die helfte,” het hy gesê.

Die Windhoek Skou sal tot komende Saterdag by die Windhoek Skougronde aangebied word. Die lewende hawe skou open vandag en sal Sondag met ’n parade afsluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!