Wie is Namibië se volgende Mej. Supra?
Namibië se nuwe Mej. Supranasionaal word eerskomende Saterdag (18 Maart) by Safari Hotel in die hoofstad gekroon. Sy sal die titel oorneem by Julita-Kitwe Mbangula, wat die land verlede jaar op die wêreldverhoog verteenwoordig het.
Vyftien deelnemers gaan Saterdagaand aan die gehoor voorgestel word voordat die wenner aangekondig word wat Namibië by die 14de Mej. Supranasionaal-kompetisie in Pole sal verteenwoordig.
Lalela Mswane van Suid-Afrika sal haar kroon aan haar opvolger oorgee by dié geleentheid.
Chanique (Chani) Rabe, die Namibiese skoonheid wat in 2021 die eerste Afrika-vrou geword het wat as Mej. Supranasionaal gekroon is, sal die spesiale gas by eerskomende naweek se kroningsgeleentheid wees.
Kaartjies vir die geleentheid is beskikbaar via webtickets.com.na of enige uitgesoekte Pick n Pay-winkel.
PRYSE:
BBP - N$850 per persoon (eksklusiewe tafelsitplek, verwelkomingsdrankie en ete ingesluit)
1ste ry-sitplekke - N$550 per persoon (verwelkomingsdrankie ingesluit)
2de ry-sitplekke - N$450 per persoon
3de ry-sitplekke - N$300 per persoon

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie