Die dansgroep was verheug oor die toekenning. Foto verskaf
Die dansgroep was verheug oor die toekenning. Foto verskaf

Wolwedans vir sy toewyding vereer

Tanja Bause
Wolwedans het die gesogte Regenerative Travel Impact-toekenning in die gemeenskapskategorie met sy AridEden-projek – Wolwedans Visie 2030 gewen.

Die toekenning beloon inspirerende individue en inisiatiewe wat van die planeet se grootste uitdagings aanpak en mense se lewens, gemeenskappe en die wêreld rondom hulle verbeter.

Voorleggings is van oraloor die wêreld ontvang. Wolwedans het uitgestaan vir sy grensverskuiwende benadering tot toerisme, wat die doel en voordele vir beide gaste en die gemeenskap herdefinieer.

Wolwedans het die keuringspaneel beïndruk met sy innoverende idees en beduidende bydraes tot maatskaplike en omgewingswelsyn.

Die AridEden-projek – Wolwedans Visie 2030 is kern tot die toekenning, wat ’n holistiese raamwerk (Matrix |25) beliggaam wat fokus op vyf pilare van volhoubaarheid, naamlik handel, bewaring, gemeenskap, kultuur en bewusmaking.

Die raamwerk beklemtoon Wolwedans se toewyding om ’n balans tussen mense, die planeet en wins te vind – wat nie net ekonomiese welvaart dryf nie, maar ook persoonlike ontwikkeling en bemagtiging binne die gemeenskap bevorder.

“Ons glo volhoubaarheid is ’n gedeelde verantwoordelikheid, en ons benadering fokus daarop om beide ons span en die omgewing te waardeer. Die toekenning is nie net ’n erkenning van ons pogings nie, maar om ander te inspireer om ’n soortgelyke reis na vernuwing te onderneem.”

Die AridEden-projek skep nie net plaaslik bewusmaking nie; die projek streef ook daarna om ’n wêreldwye voorbeeld te wees van hoe bewusmaking deur toerisme ’n positiewe impak kan hê.

Wolwedans streef daarna om ’n wyer gesprek op plaaslike vlak oor globale uitdagings aan te wakker deur hul reis te deel en oplossings vir volhoubaarheid ten toon te stel. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!