‘Begin skryf aan die volgende honderd jaar’
René Arendse
Hoekom is hierdie viering belangrik?
Ons staan voor die skryf van ’n nuwe geskiedenis. Hierdie viering merk ’n tyd in die geskiedenis van ons taal waar almal wat haar praat die pen in die hand kan hou en kan begin skryf aan die volgende honderd jaar. Hierdie viering moet gesien word as ’n mylpaal binne die bestaan van ons taal en ’n geleentheid om die lig te skyn op hoe ver sy gekom het; dat sy baie langer as 100 jaar bestaan en dat sy almal se taal is.
Wat is volgens jou Afrikaans se grootste mylpaal?
Dat sy as ’n warm kombuistaal begin het, bly groei het en selfs deur die misbruik behoue gebly het. My taal se grootste mylpaal is dat sy nog steeds sterk staan. Sy is vrygewig en sy is steeds my moedertaal.
Wat is jou gunsteling-sêding in Afrikaans?
Jislaaik, ek het ’n hele klomp! Van awê tot klopdisselboom. Hoe kan ek kies?
Hoe lyk Afrikaans se toekoms?
Dit lyk soos die mooiste lappieskombers wat ons omvou. Statistiek wys dat die grootste groep Afrikaanssprekendes jonger as 25 jaar oud is. Dít maak my opgewonde!
Suid-Afrikaners, en Afrikaanses, is plesierige mense. Hoe sal jy graag wil sien moet hulle Afrikaans se eeufees as amptelike taal vier?
Dat elkeen op hul unieke manier Afrikaans as ’n veelkleurige en inklusiewe taal vier. Dat ons van die Bo-Kaap tot die uithoeke van Musina ’n groot makietie kan hou waartydens almal wat lief is vir Afrikaans, hande kan vashou en die volgende honderd jaar saam begin.
* René Arendse is die nasionale adjunk-koördineerder vir Afrikaans 100.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie