Adventiste-kerk se hoof besoek Namibië
Die konferensiepresident van die Sewende Dag Adventiste (SDA)-kerk, dr. Ted Wilson het verlede week Namibië vir die eerste keer besoek.
Hy het visepresident, dr. Nangolo Mbumba, ontmoet en verskeie maatskaplike ontwikkelingsprojekte van die kerk in die hoofstad besigtig.
Wilson word erken as die hoof van die Adventiste-kerk en sy 22 miljoen lidmate oor 210 lande wêreldwyd. Die kerk het bykans 18 000 lidmate in Namibië.
Hy het tydens sy besoek aan Mbumba sy dank aan die land uitgespreek vir die beskerming van vryheid van geloof wat verseker dat sy kerk en ander gelowiges sonder vrees of oordeel hul geloof mag uitleef en praktiseer.
Mbumba het op sy beurt kerke in Namibië aangemoedig om hande met die regering te vat om maatskaplike ontwikkeling in Namibië te bevorder.
Die kerk se boodskap word plaaslik deur vyf gemeenskapsradiostasies uitgedra. Die Adventiste-kerk bestuur ook vier skole en ’n humanitêre organisasie, die Adventiste Ontwikkelings- en Verligtingsagentskap (Adra) in Namibië.
Wilson se besoek aan Namibië vorm deel van sy amptelike toer aan Afrika suid van die Sahara om lidmate en staatsamptenare te ontmoet. Hy beoog glo om die bestaande bande tussen die Adventiste-kerk en verskeie lande in Afrika suid van die Sahara te versterk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie