'Alle strate moet name kry'
Vandalisme van infrastruktuur kos die munisipaliteit op Lüderitz ’n beraamde N$500 000 per jaar.
Die bedrag wissel egter van jaar tot jaar, met ’n beraamde N$25 000 wat bestee word om beskadigde straattekens en naamborde van strate oraloor in die hawedorp te vervang.
Lüderitz se burgemeester, Phil Balhao, het onlangs ’n mosie ter tafel gelê dat alle strate sonder name in die hawedorp vernoem word. Die laaste keer dat dit gedoen is, was in 2019 in Agate Park.
Balhao het ’n beroep op inwoners van die dorp gedoen om die infrastruktuur te beskerm en te bewaar om sodoende geld vir ander belangrike aktiwiteite los te maak wat vir meer dringende kwessies gebruik kan word.
Die mosie is weens die finansiële implikasies wat betrokke is na die bestuurskomitee vir oorweging verwys. Die tegniese departement doen die evaluering en sal ’n verslag met die kostebepalings saamstel.
Wanneer die bestuurskomitee die uitgawe goedkeur, sal die mosie aan die raad vir goedkeuring voorgelê word.
NOODVOERTUIE
Volgens Balhao belemmer die naamlose strate die reaksietyd van noodvoertuie wat gevolglik die potensieel het om lewens in gevaar te stel en skade aan eiendom te veroorsaak.
“Duidelike straatname verhoog die ervaring van toeriste en besoekers en sal Lüderitz as ’n goed georganiseerde en besoekersvriendelike dorp bemark.
“Dit kan beter dienslewering bevorder tot voordeel van beide die inwoners en besoekers, terwyl dit ook die dorp se algehele aantrekkingskrag kan verbeter,” het Balhao gesê.
Die benoeming van strate kan volgens die burgemeester ook ’n sin van gemeenskap en trots onder inwoners aanwakker, terwyl dit die unieke identiteit en erfenis van Lüderitz weerspieël.
Hy het voorgestel dat die raad van plaaslike owerhede vir die dorp ’n omvattende opname doen om al die naamlose strate binne die dorp se grense te identifiseer.
OPENBARE KONSULTASIES
Balhao stel ook ’n openbare konsultasieproses voor om insette van inwoners, besighede en ander rolspelers oor die voorgestelde straatname te kry.
“Die proses moet openbare vergaderings, aanlyn voorleggings en ander gepaste metodes van gemeenskapsbetrokkenheid weerspieël.”
Die burgemeester het ook gesê duidelike kriteria om strate te benoem moet ook vasgestel word.
“Dit kan, maar moenie beperk wees tot die kulturele, historiese en geografiese belangrikheid van die gebied nie.
“Voorgestelde name moet noemenswaardige figure, gebeurtenisse of bakens vereer wat relevant is tot Lüderitz en Namibië. Dit moet kenmerkend wees en nie maklik verwar kan word met bestaande straatname nie.”
Balhao sê ’n vaartbelynde goedkeuringsproses vir die finale keuse van straatname is nodig en betrek die betrokke munisipale departemente en verseker deursigtigheid.
“Die raad moet die nodige hulpbronne toeken om alle relevante kaarte, databasisse en naamborde op te dateer wanneer die nuwe straatname goedgekeur is."
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie