Angolese kinders terug in Namibië
Die Angolese kinders wat in die strate van dorpe in die noorde van die land en ook in Windhoek gewaar is waar hulle houtprodukte verkwansel, is byna sewe maande nadat die Angolese en Namibiese regerings saamgespan het om hul terug na hul geboorteland te stuur, weer in Namibië gewaar. Die 73 minderjariges is in Mei na Angola teruggestuur, nadat die twee regerings 'n ooreenkoms bereik het. Die proses is deur die adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit Lucia Witbooi fasiliteer. Die kinders en hul ma's is tydelik onder die sorg van die Namibiese regering in die Nasionale Jeugdienssentrum op Ondangwa gehuisves, voordat hulle na Angola repatrieer is. Netwerk Media Hub (NMH) het die groep kinders vandag by die Omwandi Shell-vulstasie op Ondangwa gevaar, met plaaslike inwoners wat wonder hoe hulle elke keer oor die grens kom.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie