Die familie Bassingthwaighte familie reunie. Foto verskaf
Die familie Bassingthwaighte familie reunie. Foto verskaf

Bassingthwaighte-reünie oortref verwagtinge

Tanja Bause
Die Bassingthwaighte-familie het onlangs op Goanikontes naby Swakopmund hul reünie gehou.

Altesaam 242 mense van Namibië, Suid-Afrika, Engeland, Holland, Duitsland en Nieu-Seeland het die geleentheid bygewoon.

Jimmy Bassingthwaighte, een van die organiseerders, het gesê die fees het almal se verwagtinge oortref.

“Ons was ses mense wat die reünie vir ’n jaar lank beplan het en ons almal stem saam dit was baie meer as wat ons verwag het. Almal het gevra wanneer ons dit weer sal doen en ons het gesê nie minder as in vyf jaar nie en nie later as 10 jaar nie.”

Die oudste persoon wat by die fees was, was 87 jaar oud en die jongste ’n baba van sewe maande.

“Ons was sewe generasies en vir die familiefoto het ons die oudste agter laat staan en die jongste generasie was heel voor.”

Volgens Jimmy het hulle al voor die fees met die stamboom begin en tydens die fees die 13 meter lange stamboomrol op die tafels uitgerol.

“Almal kon hulle name soek en byvoeg as dit nodig was. My dogter byvoorbeeld het intussen getrou en ’n dogter gehad. Die baba is nog nie gelys nie en sy kon haar naam byvoeg. Die stamboom is nou baie meer volledig.”

BASSINGTHWAIGHTE

Die familie het op Goanikontes bymekaargekom om die 180 jaar te vier vandat die familie Bassingthwaighte in die land aangekom het.

Hulle het die eerste huis op Goanikontes gebou. Hulle het in Oktober 1843 met drie volgepakte ossewaens uit Kaapstad vertrek. In Junie 1844 het hulle Walvisbaai bereik en dit was waarskynlik die eerste keer wat ossewaens en wit vroue die sand geraak het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!