NamWater gaan tot Sondag water in die O-streke rantsoeneer. FOTO ARGIEF
NamWater gaan tot Sondag water in die O-streke rantsoeneer. FOTO ARGIEF

Beurtwater vir die O-streke

Tuyeimo Haidula
NamWater sê wateronderbrekings is vir tot ten minste Sondag die voorland vir die streke Oshana, Ohangwena en Oshikoto. Die onderbrekings sal vanaf 22:00 tot 04:00 geld.

Volgens NamWater se woordvoerder, Lot Ndamanomhata, ondervind die instansie tans tegniese probleme wat veroorsaak word deur Oshana-water wat hul vervoerstelsel (kanaal) binnestroom en beide die gehalte van die water en produksievolumes negatief beïnvloed.

Ndamanomhata beklemtoon om ’n waterkrisis te voorkom, sal watertoevoer dus tot 2 Maart gerantsoeneer word.

Instellings wat noodsaaklike dienste lewer soos hospitale, skole, polisiekantore en klinieke wat moontlik ’n kritieke watertekort in die gesig kan staar, moet die waarnemende operasionale bestuurder vir Cuvelai,

Victoria Haikali by 081 160 8846 skakel of alternatiewelik die skema se toesighouers Raphael Endjala by 081 124 5597 (Oshana en Ohangwena), asook Nicodemus Ndemwiimba by 081 145 5267 (deel van Ohangwena, Oshana en Oshikoto).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer