Boerebraai op Mariental
Nog net enkele slapies oor voor die immergewilde jaarlikse NLU-Agribraai die naweek onder die vaandel van “’n Boer maak ’n plan” plaasvind.
Die Kalkrand Boerevereniging wat vanjaar sy 80ste verjaarsdag vier, is vanaf 13 tot 14 Oktober die gasheer vir die kuier- en braaifees by die rugbyveld op Mariental. Buiten natuurlik vir braai, is daar ’n biertent, kosstalletjies, vermaak vir die kinders en praatjies oor van koekversier tot grimering en maak selfs makrolletjies hul verskyning.
Die hekke open Vrydag om 13:00 vir die publiek en die dag word afgesluit met ’n skoffel en skuifel op die klanke van Nostalgie. Saterdag “braai en kuier almal vir dood saam”, die braaispanne word beoordeel en die wenners aangewys, twee kwarteindwedstryde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi word in die hooftent op die groot skerm gekyk en dan sorg Die Broers en Joggie en André dat die dag op ’n vrolike noot afgesluit word.
Toegang is N$150 per persoon vir Vrydag en Saterdag. Vir kinders, studente en pensioenarisse is dit N$100 per persoon vir die twee dae.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie