Chappy is ’n pappa wat kán

Pa's wys hul staal in tien uitdagings
Die dag was aanvanklik 'n inisiatief deur die dorp se Glück-Auf Kindergarten, met meer skole en selfs kerke wat uiteindelik daarby aangesluit het.
Elvira Hattingh
Altesaam 38 pappas en ses oupas het die afgelope Saterdag tydens die My Pappa Kan-familiedag teen mekaar meegeding, met Chappy de Klerk wat eindelik al die ander pa’s uitgestof het en met die louere weggestap het.

Onder die oupas het Japie Sowden die eerste plek verower. André Horn is die oupa wat die tweede plek onder die ouer geslag losgeslaan het en Johann Erasmus die derde plek.

Die tweede plek onder die pappas is toegeken aan Kalpesh Desai, die pa van ’n dogtertjie, en die derde plek aan Derick Louw, ’n pa van drie dogters.

Anna-Marie Erasmus, die koördineerder van die geleentheid, het verduidelik pappas moes hul staal in tien uitdagings wys – wat insluit ’n kruiwa-resies, om spykers met ’n hamer in te kap, kettieskiet en doeke omruil. Ander uitdagings het ingesluit om ’n bal tussendeur rugbypale te skop, sandsakke op te tel en daarmee te hardloop en om ’n legkaart te bou. Pa’s moes in terme van tyd teen mekaar meeding.

Die dag was aanvanklik ’n inisiatief deur die dorp se Glück-Auf Kindergarten, met meer skole en selfs kerke wat uiteindelik daarby aangesluit het.

“Ons hemelse Pappa is natuurlik ons nommer een. Die doel van die dag was om ons pappas te vier. Ons aardse pappas word dikwels oorgesien. Ons is trots op hulle, ons sien hoe hard hulle werk en hoe hulle hul bes doen. Vandag is hulle dag,” het Erasmus gesê.

De Klerk, die wen-pappa, het gesê die dag was “sports”.

“Dit was lekker om vir die kinders te wys ons kan,” het hy gesê. Hy het ook sy prysgeld van meer as N$3 000 aan die Glück-Auf Kindergarten geskenk vir ouers wat sukkel om skoolfondse te betaal.

Jackey Desai, die eggenote van die pappa wat tweede gekom het, het aan Republikein gesê haar man is besonders goed in balskop en is die beste pa vir hulle dogtertjie.

“God het hom gestuur vir haar, hy beskerm haar, hy beteken baie vir haar en sy is baie lief vir hom.” Desai is van mening dat hy wel kan verbeter as dit kom by legkaart bou.

Louw, die pa in die derde plek, het ook gesê hy is aangenaam verras oor die belangstelling wat die geleentheid gelok het. “Ek dink die uitdagings vir pa’s in die lewe raak al groter. Die aanslae kom uit alle rigtings. ’n Dag soos vandag is goed, want pa’s kry ondersteuning van hul families en die gemeenskap. Dalk is ’n dag soos vandag net wat ’n paar pa’s nodig het,” het hy gesê.

Pastoor Carel Marais het die dag afgesluit met ’n gepaste boodskap oor hoe kinders God – hul “hemelse Pappa” – deur hul aardse pa’s se voorbeeld leer ken.

Kyk gerus op 11 Oktober om 18:00 na die volledige program op NTV (DStv kanaal 285 en GOtv kanaal 25).

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!