CMC Private Hospitaal deel vreugde van Kersfees
Die CMC Private Hospitaal het in die gees van omgee en deel in die Kersgety 300 geskenkpakkies aan kinderpasiënte by die Katutura- en Sentrale Hospitaal oorhandig. Die geskenkpakkies wat in samewerking met Metro Namibia deur Kersvader uitgedeel is, het koekies, gegeurde melk, lekkers, stokkielekkers en skyfies bevat. Baie van dié pasiënte gaan nie tydens die feesseisoen huis om tyd saam met hul gesinne te spandeer nie. Die hospitaal het ook in samewerking met Waltons 'n tekenkompetisie vir kinders by die Wernhil-inkoopsentrum in Windhoek gehou. Kinders tussen die ouderdomme van vier en 12 jaar het 10 minute gehad om Kersfees met hul familie te teken. Die kompetisie het van 09:00 tot 16:00 geduur en 113 inskrywings is ontvang. Drie kinders het weggestap met 'n kontantprys van N$500 elk asook 'n geskenkbewys van Waltons. Joyce (11), Grace (8) en Romisa (8) het elk onderskeidelik N$2 500, N$1 500 en N$1 000 gewen.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie