DBV vier 75 jaar
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Namibië het onlangs sy 75ste herdenking gevier.
Hoewel die DBV in 1824 in Engeland gestig is, is Namibië se eerste DBV in 1949 in Windhoek geopen.
"In Windhoek het dit wat as beskeie hondehokke begin het, gegroei tot 96 hondehokke, 39 kathokke, vyf groot katskuilings (catteries) en sewe klein dierehokke; vandag kan ons na soveel as 400 diere op ’n gegewe tydstip omsien," het die DBV in ’n verklaring gesê.
Ses jaar gelede is die verskeie DBV's regoor Namibië byeengebring en rapporteer elke tak van die DBV nou aan een hoofkantoor. "Sedert die nasionale rapporteervereistes ingestel is, het die DBV's gesamentlik 29 323 diere oor die afgelope ses jaar gered en talle ander langs die pad gehelp."
Die DBV het sewe takke landswyd in Grootfontein, Keetmanshoop, Lüderitz, Oshana, Otjiwarongo, Tsumeb en Walvisbaai en word hoofsaaklik deur skenkings befonds.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie