'Die geweld moet stop'
Ná die onlangse toename in wat baie as haatmisdade beskou, kritiseer lede van die LGBTQI-gemeenskap politici vir die geteikende geweld en eis dat politici hul veldtog van haat teen seksuele minderheidsgroepe staak.
Dié eise is Woensdag gestel tydens ’n vergadering in Swakopmund, wat belê is deur gemeenskapsaktiviste en bondgenote om die “geteikende geweld” teen lede van die LGBTQI-gemeenskap te takel.
Statistieke dui daarop dat oor die afgelope agt maande ses individue uit die LGBTQI-gemeenskap wreed vermoor is, naamlik Christof Frederick (30), Gerome Helgrain (41), Vernon Gavin (52), Queen Uwuseb (35), Gurney Uirab (35) en Stanley Cloete (36).
Frederick, wat as ’n vrou geïdentifiseer het, se geskende liggaam is onlangs in Otjomuise in Windhoek gevind.
“Die geweld moet stop!” word daar in ’n verklaring geëis, wat deur verskeie organisasies onderteken is.
Die LGBTQI-gemeenskap het ook die Swapo-parlementslid, Jerry Ekandjo, se private lede-wetsontwerpe gekritiseer en dit aangehaal as ’n bydraende faktor tot die toename in teistering en geweld teen dié gemeenskap.
Die wetsontwerpe het ten doel om die term “eggenoot” te herdefinieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te verbied.
Boonop lê dié wetsontwerpe 'n vonnis van ses jaar onmiddellike gevangenisstraf of ’n boete van N$100 000 op vir die “bevordering” van selfdegeslaghuwelike.
Desiree Haman, die direkteur van die Khaibasen Rural Action Foundation, het aangevoer dat leiers vir alle Namibiërs moet sorg, ongeag hul agtergrond.
“Leiers moet wys hulle gee om vir die hele Namibië en is nie net konserwatiewe, swak ingeligte en onverdraagsame Namibiërs nie.
“Hierdie land behoort aan ons almal! Maatskaplik-, godsdienstig- en polities-konserwatiewe Namibiërs moet alle Namibiërs toelaat om vrede en stabiliteit te geniet,” het hy gesê.
Die gemeenskap eis ook dat politici hul haatveldtog teen seksuele minderhede staak; nasionale leiers die vlaag van geweld teen seksuele minderhede ten sterkste veroordeel; politieke partye die bestaansreg van alle Namibiërs ondersteun; en dat politici, politieke partye en verkose amptenare hul verbintenis tot Namibië herbevestig waar almal na hul eie welstand en die voorspoed van alle Namibiërs streef.
Hulle versoek Namibiërs om die visie van die land se stigters en dit waarvoor hulle geveg het, aan te neem en dit is “Een Namibië, een nasie”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie