'Dis nie waar ons hoort'

Tuyeimo Haidula
’n Groep Angolese burgers waarvan die meerderheid vroue en kinders is en wat houtware in die strate in Windhoek en Swakopmund verkoop het, is ontevrede omdat hulle in ’n tydelike tuiste geplaas is.

Die groep het gister op die adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Lucia Witbooi, geskree wat hulle in ’n tydelike skuiling in Ondangwa geplaas het.

Die groep het aan Witbooi en ander immigrasiebeamptes gesê hulle is nie gelukkig by die Nasionale Jeugdienssentrum op die dorp waar hulle reeds vir meer as tien dae bly nie.

Volgens Witbooi is dit egter ’n tydelike reëling wat nie vir langer as ’n maand sal duur nie en waartydens haar ministerie met die Angolese regering in gesprek sal tree. Haar besoek aan die sentrum volg ná ’n kabinetsbesluit om die groep van die strate af te kry en terug in die samelewing op te neem deur hulle met hul families in Angola te herenig.

“Ons het hulle met die hulp en samewerking van die Angolese regering geïdentifiseer. Ons gebruik ons bilaterale verhoudinge om hulle terug in hul gemeenskappe te herintegreer. Ons kyk ook na die aspek van mensehandel en dit is nie iets wat binne twee dae gebeur nie. Ondersoeke gaan voort met die verantwoordelike departement en sou hulle ontdek dat mensehandel deel daarvan is, sal dit hanteer word,” het Witbooi gesê.

Vir eers het die ministerie twee kamers vir die mans en die res vir die vroue en kinders toegeken. Die ministerie het ook toilette opgerig en ’n kombuis met personeel wat maaltye vir die groep voorberei.

Witbooi sê die Namibiese regering het alle logistiek reëlingsin plek om ’n veilige reis vir die groep na die Oshikango-grenspos te verseker wat op die grens tussen Namibië en Angola geleë is.

“Daarna sal hul regering oorneem. Ons het Maandag [gister] ’n vergadering met hulle gehad en hulle het aangedui hulle dinge in plek stel voordat ons ’n aanduiding kry wanneer om die mense te laat gaan. As Angola sê ons is gereed, dan sal ons hulle vrystel,” het sy aan die groep gesê.

Witbooi sê die Namibiese regering laat nie langer die groep toe om voort te gaan om op straat te wees nie en veral die jong kinders wat veronderstel is om in die skool te wees.

Met die hulp van ’n tolk het ’n vrou wat nie haar naam wou verskaf nie, Witbooi gevra wie is verantwoordelik vir die begrafnis sou een van hulle in die sentrum sterf.

Dit is omdat die tradisionele drag wat hulle dra op ’n kulturele manier en nie deur enige persoon hanteer mag word nie.

Witbooi het die hoop uitgespreek dat dit nie sal gebeur nie en beklemtoon die huidige reëling is net tydelik en dat hulle spoedig verskuif sal word.

“Ons het nie ’n bus nodig nie. Ons het Namibië per voet binnegekom en is bereid om dit so te verlaat. Ons sal nooit weer hiernatoe terugkom nie,” het hulle gedreunsing terwyl Witbooi hulle toegespreek het.

Chaos het uitgebreek nadat Witbooi die groep oor die logistieke reëlings toegespreek het, omdat hulle beweer het hulle word teen hul wil aangehou. Volgens hulle wil hulle weer per voet na hul land terugkeer en wil hulle nie enige ander logistieke hulp van beide Namibië en Angola hê nie.

Die polisie en veiligheidswagte moes die sentrum se hekke sluit sodat die groep nie die perseel verlaat nie. Witbooi het intussen die situasie waargeneem waar sy onder ’n boom gesit het.

Die groep het later ingestem om na die sentrum terug te keer vir middagete, maar het daarna weer gedreig om dit te verlaat, met die hekke wat noodgedwonge weer gesluit moes word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 2 vs 2 Wolves | Brentford 4 vs 3 Ipswich Town | Aston Villa 1 vs 1 Bournemouth | Manchester City 1 vs 0 Southampton | Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Villarreal | Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Napoli 1 vs 0 Lecce | Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A