Dorob Park skud vere reg vir die feestyd
Hentiesbaaiers het die afgelope maand skouer aan die wiel gesit om van die Red die Dorob-projek se doelwitte te bereik.
’n Inwoner van dié kusdorp, Daleen Agenbag, sê al die paaie noord van Hentiesbaai tot by die Ugab-hek is binne twee dae geskraap. Altesaam 25 naamborde na verskeie hengelplekke ter waarde van sowat N$200 000 sal na verwagting Saterdag onthul word.
“Elke afdraaiplek het egter twee naamborde nodig, maar vir nou het ons net een bord by elke afdraai,” sê sy.
Republikein het in November berig dat die projek ’n padskraper nodig gehad het. Agenbag het gesê die munisipaliteit van Hentiesbaai en plaaslike maatskappye het hul padskrapers aan hulle beskikbaar gestel.
Die Red die Dorob-inisiatief sal volgens haar volgende jaar volstoom voortgaan met die hoop om welwitschiaplante en ligeenvelde af te baken “sodat mense nie net kan ry waar hulle wil nie”.
Agenbag beraam die projek benodig nog N$500 000 om sy doelwitte te verwesenlik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie