Dosent pleeg selfdood op kampus
Tuyeimo Haidula – ’n Somber atmosfeer het gister by die Universiteit van Namibië (Unam) se Hifikepunye Pohamba-kampus op Ongwediva geheers nadat ’n 56-jarige kunsdosent omstreeks 07:30 die oggend in haar lesingsaal selfdood gepleeg het.
Nuusiku Shaanika het klas aan BA-onderwysstudente in kunsonderrig gegee en was sedert Januarie 2011 verbonde aan Unam toe hy onderwyskolleges oraloor die land oorgeneem het. Volgens Shaanika se LinkedIn-profiel het sy in teken- , druk- en beeldhouwerk asook maatskaplike kwessies klasgegee. Die polisie het bevestig geen vuilspel word vermoed nie en geen selfdoodnota is agtergelaat nie. Katrina Ashivudhi-Amakali, by wie Shaanika gebly het, sê sy was tuis toe die voorval gebeur het. Ashivudhi-Amakali, wat ook die koshuismatrone op die kampus is, sê Shaanika het vir sowat ’n week by haar gebly nadat ’n brand by haar huis op die kampus uitgebreek het en sy tydelike verblyf nodig gehad terwyl herstelwerk aan die gang was. Volgens Ashivudhi-Amakali het die brand net ’n paar boeke vernietig en is geen verdere skade aangerig nie.
"Ek glo sy wou dit die vorige aand doen, want sy het gesê sy het papiere wat sy daar moes gaan optel. Sonder om enigiets te vermoed, het ek aangebied om haar te vergesel. Ons het die papiere opgetel en teruggekeer huis toe om aandete te maak," het sy gesê.
Ashivudhi-Amakali sê Shaanika het nie geëet nie, maar die twee vroue het saam Bybelstudie gedoen, gebid en gaan slaap. Die oggend nadat sy gebad het, het sy water op die stoof begin kook vir Shaanika om ook te bad, maar later besef die ander vroi is nie by die huis nie. Toe sy haar kinders vra waar Shaanika is, het hulle geantwoord sy is seker klas toe.
"Ek het haar gebel, maar die selfoon het in die sitkamer gelui. Ek is na haar kantoor toe, maar sy was nie daar nie. Ek is na haar lesingsaal toe, maar die deur was gesluit. Ek het deur die venster gekyk en haar gesien hang."
Ashivudhi-Amakali sê sy was verward en het na die kantore toe gehardloop om die ander dosente in te lig.
Sy het glo geen tekens of verandering in Shaanika se gedrag bespeur nie. Shaanika het Maandag ook ’n werkwinkel op die kampus bygewoon. Die kampusdirekteur, Jacob Sheehama, sê die universiteit het klasse gister opgeskort, maar dit gaan vandag voort soos normaal. Volgens hom sal die universiteit ook professionele berading aan personeellede en studente bied. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie