Droomhuis gebou uit verkope van kapana en vetkoek
Met behulp van haar spaargeld uit die verkope van geroosterde vleis, bekend as kapana, asook vetkoek, het ’n 50-jarige entrepreneur van Oshivelo en ’n ma van vier, daarin geslaag om ’n tweeslaapkamerhuis vir haar gesin te laat bou.
Akkla Abraham is een van die 17 begunstigdes wat huiseienaars geword het by Oshivelo se Uitbreiding 1, ’n behuisingsprojek wat deur die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) gebou is.
Gebore en getoë in Oshivelo, kon Abraham skaars haar vreugde beteuel toe Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, haar sterkte toegewens het toe hy die sleutels van die huis wat sy nou haar tuiste kan noem, aan haar oorhandig het.
Terwyl Abraham van haar beproewinge vertel, sê sy sy woon haar hele lewe lank in Oshivelo. Sy is nog nooit formeel in die regering of private sekor in diens geneem nie, maar sy is al meer as ’n dekade ’n verkoper in die informele sektor.
Abraham, wie se oudste kind 32 jaar oud is en die jongste 12, vertel dat sy nog altyd ’n huis begeer het wat sy haar tuiste kon noem en waarin sy haar kinders kon grootmaak.
“Ek wou nog altyd ’n huis hê. Om vir baie jare in die informele nedersetting te woon was net te uitdagend. Vandag is ek baie bly om die trotse eienaar van hierdie huis te kan wees,” het sy gesê.
Abraham het verduidelik sy het in 2014 by die SDFN aangesluit, waar lede ’n weeklikse bydrae moet maak afhangend van hul inkomste. In 2022 het hulle uiteindelik die erwe gekry waarop hulle hul huis gebou het.
Sy het gesê hulle het ’n gedeelte van die geld wat hulle oor die jare gespaar het, gebruik om die grond te diens deur die riool- en waterinfrastruktuur op te rig.
Sy het verder gesê terwyl sy geld deur die SDFN gespaar het, sy ook nog ’n afsonderlike bankrekening oopgemaak het, met die wete dat sy nie tevrede sal wees met die standaardhuise wat gebou word nie, maar die huis van haar drome wil hê.
“Die federasie het vir my net sowat N$36 000 gegee, maar hierdie huis wat jy hier sien word op sowat N$170 000 gewaardeer. Ek moes my ander spaargeld gebruik om hierdie huis te bou,” het sy gesê.
“Ek het geen lening by enige instansie aangegaan nie. Hierdie is die geld wat ek oor die jare gespaar het, want ek was gefokus daarop om vir my en my gesin ’n huis te bou,” het sy gesê.
Daarom beveel Abraham aan dat ander inwoners van Oshivelo en ander Namibiërs wat in die lae-inkomstekategorie val, om by laekoste-behuisingskemas soos die Shack Dwellers Federation aan te sluit om “huiseienaars soos sy te word”.
“Dit is nie maklik om te spaar nie, maar die beloning is groot. Jy moet gedissiplineerd en gefokus wees op jou droom,” het sy gesê.
Intussen het Uutoni inisiatiewe vir laekostebehuising geprys en gesê dat dít die volhoubare oplossing is om die behuisingskrisis waarmee die land te kampe het, die hoof te bied.
“Ek glo dat laekostebehuisingsinisiatiewe soos hierdie ’n volhoubare oplossing is om die behuisingskrisis te takel. Die Shack Dwellers Federation het keer op keer bewys dat ’n inklusiewe, gemeenskapsgedrewe benadering een van die doeltreffendste maniere is om bekostigbare behuising te verskaf vir diegene wat dit die nodigste het,” het hy gesê.
“Ons wil die versekering gee dit is net die begin vir Oshivelo en dat talle meer gesinne vorentoe by soortgelyke behuisingsinisiatiewe sal baat.”
Ohorongo Cement, die Pupkewitz Foundation en First National Bank het 12 huise gefinansier en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling vyf huise.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie