Duisende vir kinders met kanker
Die organisasie vir die ondersteuning van die ouers van kinders wat met kanker gediagnoseer is (NaCCaPSO), het N$75 000 aan die Namibiese Onkologiesentrum oorhandig om die welstand en behandeling van kinders wat met kanker gediagnoseer is in die staat, te verbeter.
Die geld wat deur die sentrum bestuur sal word, sal ook gebruik word ter ondersteuning van ouers en projekte wat in hul behoeftes voorsien, en ook die bewusmaking van kinderkanker in Namibië bevorder.
NaCCaPSO het ten doel om kinders, ouers en familielede van kinders te ondersteun wat met kanker gediagnoseer is.
Die welwillendheidsorganisasie wat sedert 2009 vanuit Saal 8 Wes in die Windhoek Sentrale Hospitaal bedryf word, bemagtig ouers en familielede deur middel van opvoedkundige programme om die kinderpasiënte se siekte beter te verstaan. NaCCaPSO borg vrywillige onderwysers by die hospitaalskool, het ’n speelpark by die CHICA-tuiste geborg en ook naaldwerkmasjiene aan die departement vir arbeidsterapie geskenk waar ma’s naaldwerkvaardighede aanleer, asook geskool word in brei- en kralewerk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie