ELCRN is platsak
’n Geldtekort lê die Evangeliese Lutherse Kerk van die Republiek van Namibië (ELCRN) lam, met werknemers by sy hoofkantoor en verskeie afdelings wat reeds maande laas salarisse ontvang het.
Selfs kwesbare afhanklikes, soos die weduwees van voormalige pastore, het glo tot twee jaar laas hul toelaes ontvang.
Werknemers sê die kerk se skuld is meer as N$15 miljoen plus die uitstaande salarisse.
Die werknemers van die kerk se hoofkantoor het reeds op 16 Mei ’n brief aan biskop Sageus /Keib en die kerkleierskap gerig.
In die brief noem die werknemers hul diep teleurstelling en frustrasie in die hantering van die “ondraaglike krisis van werknemers wat reeds meer as vyf maande sonder salarisse oorleef”.
“Ons verstaan die situasie en het in 2022 reeds probeer om drie tot vier maande sonder ’n inkomste klaar te kom, maar in plaas van verbetering het die situasie vererger met verskriklike gevolge,” het hulle geskryf.
Bykomend tot die sowat 15 werknemers by die hoofkantoor, word die Andreas Kukuri-konferensiesentrum, die departement vir maatskaplike ontwikkeling, die mediasentrum, fondsinsameling en die koshuisdepartement, veral in terme van die Hoërskool Martin Luther se koshuis, ook deur die situasie geraak, brei die werknemers uit.
Pensioenarisse kry ook nie hul toelaes van die kerk af nie, sê hulle.
In die brief is die ELCRN-kerkraad ook versoek om in te gryp aangesien daar geen dringendheid is ten opsigte van kommunikasie met belanghebbers of om ’n oplossing te vind nie.
“Ons sien ons leiers praat skaars buiten formele vergaderings met mekaar. Ons sien daar is spanning, daar is faksies binne die leierskap, en geen eendrag nie.
“Hoe kan ons as werknemers hoop en vertrou dat die leiers die krisis sal oplos as daar onenigheid en geen gesonde werksverhoudinge is nie?” vra hulle.
Die werknemers sê hulle het in Desember 2022 laas skriftelike terugvoering ontvang: “Die salarisdae op die 15de van die maand kom en gaan sonder ’n woord van die leierskap.”
Die kerk se optrede teenoor suster Meitjie Frank en suster Cecilia Mutanga, wat gedwing is om vroeër af te tree, word spesifiek in die brief betreur.
Intussen is resolusies van die laaste sinode van Julie 2022, soos die vestiging van ’n eiendoms- en ekonomiese komitee, nog nie uitgevoer nie, terwyl advertensies vir die verkope van bates in plaaslike koerante geplaas is.
Galadinees, die verkoop van etes en bydraes vanaf kerklidmate is egter ’n druppel in die emmer in terme van die totale skuld, skryf hulle.
Die ryk menslike hulpbron wat tot die kerk se beskikking is, word volgens die werknemers nie ingespan nie.
Die finansiële direkteur van die kerk, Ferdinand Gertze, adjunkbiskop Abraham //Kheibeb en biskop /Keib kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Volgens//Kheibeb en pastoor Maureen Dausas kan slegs die biskop in die openbaar oor die kerk se finansies uitbrei, ingevolge die kerk se interne strukture.
Biskop /Keib het net een keer sy telefoon geantwoord, ondanks verskeie oproepe, en gesê hy was besig met ’n diens, en was daarna onbereikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie