Elizabeth se sopkombuis ’n redding vir kinders
In haar gemeenskap is sy bekend vir haar onwrikbare toewyding aan die kinders en families in die omgewing.
Elizabeth Goaises woon reeds meer as 30 jaar op Okahandja en het eerstehands die uitdagings ervaar wat die gemeenskap in die gesig staar. In 2020 het sy ’n sopkombuis op die been gebring wat kos aan meer as 70 kinders en hul ma’s verskaf, asook oumense en inwoners wat met gestremdhede leef.
Die sopkombuis wat ontstaan het uit haar diepe kommer oor die gemeenskap se kinders, word egter nie sonder uitdagings bedryf nie. Soms moet sy die kombuis uit haar eie sak aan die gang hou, terwyl sy ander kere hulp van die Samaritaan-netwerkkerk ontvang. Die behoefte in die gemeenskap is oorweldigend, erken Elizabeth.
“Dit is bitter hartseer om die kinders in die klas te sien slaap. As ek vra hoekom hulle so vroeg al slaap, sê hulle hulle het vir twee dae nie geëet nie. Dit breek regtig my hart,” vertel sy.
Elizabeth wat ’n aflosonderwyser is, verdien N$100 per dag wanneer sy instaan vir onderwysers wat op verlof is. Dié betaling word tot die 20ste van die maand vertraag, ’n onlangse verandering van die vorige weeklikse skedule.
Ten spyte hiervan gaan sy voort om al haar energie in haar gemeenskap te stort. Elizabeth het ook ’n groep vir meisies van 13 tot 14 jaar, Do not give up, gestig waar sy onder meer tienerswangerskappe bespreek, hulle aanmoedig om nie op te gee nie en ook Bybelstudie hou. Vir die seuns is haar fokus om hul ontluikende talente te ontgin en om ’n positiewe uitlaatklep en ook rigting aan hulle te verskaf.
Haar werk strek soveel verder as om net kos te verskaf en Elizabeth kan dikwels gesien word waar sy die kinders met hul huiswerk help. Sy is ook gedurig besig om aktiwiteite te reël om die kinders besig en uit die strate te hou.
In Sweet Valley is sy dikwels besig om oor ’n oop vuur en weens kragtekorte vir die sopkombuis te kook.
Die kinders op Okahandja kry regtig swaar, sê Elizabeth.
“Die meeste van hul ouers drink baie en vergeet van hul kinders. Die vraag om kinders hier te voed, is baie hoog, maar ek glo om hulle kos te gee is ’n manier om hulle van die strate af te hou.”
Om die sopkombuis volhoubaar te laat voortgaan en soveel as moontlik kinders te kan help, is sy afhanklik van borge en het ook ’n dringende behoefte aan ’n watertenk en groot potte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie