Die Lion Gisa Bruni en Lions-president Dieter Becker met vanjaar se Lions-adventskalender. Foto: Wiebke Schmidt
Die Lion Gisa Bruni en Lions-president Dieter Becker met vanjaar se Lions-adventskalender. Foto: Wiebke Schmidt

Elke dag is Kersdag

Tanja Bause
Wiebke Schmidt – Die Lions Klub Alte Feste in Windhoek se Adventkalender is – ná ’n onderbreking van drie jaar – weer vanaf Saterdag 28 Oktober beskikbaar, waarmee meer as 100 pryse van tussen N$150 tot meer as N$8 000 losgeslaan kan word.

Die wenner van die groot prys van N$15 000 in kontant, word op 24 Desember aangekondig.

Elk van die 2 000 kalender het sy eie reeksnommer en 24 vensters, met ’n venster wat daagliks vanaf 1 tot 24 Desember oopgemaak kan word. Agter elke venster is die naam van ’n maatskappy en ’n prys wat gewen kan word.

’n Trekking vir die wennommers vind daagliks plaas en word elke dag in die Allgemeine Zeitung (AZ), op NBC Funkhaus Namibia, Hitradio Namibia en op Facebook (www.facebook.com/LionsAlteFeste), asook op die Lions Alte Feste se webwerf by www.lionsaltefeste.com aangekondig.

Die wenners kan direk met die borg in verbinding tree. Die name en kontaknommers verskyn agter op die kalender.

Die kalender kan teen N$100 per eksemplaar by die Windhoeker Buchhandlung gekoop word, asook by Marin’s Lädchen in Omaruru en in Swakopmund by Otto Günther.

Lions-lede sal ook tot einde November elke Saterdag tussen 08:00 en 12:00 die kalender voor SuperSpar by die Maerua Lifestyle-inkoopsentrum en voor Woermann Brock by Ai//Gams in Klein Windhoek verkoop.

Die geld wat ingesamel word, sal ten bate van agt plaaslike organisasies aangewend word, wat onder meer kinders met kanker, verwaarloosde jongmense, diabeetlyers en gesiggestremdes ondersteun.

Deur die Adventkalender te koop, staan jy die kans om ’n groot prys te wen en terselfdertyd ondersteun jy die gemeenskap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!