Lewensredders neem die liggaam van die oorledene na ’n polisievoertuig. Foto verskaf
Lewensredders neem die liggaam van die oorledene na ’n polisievoertuig. Foto verskaf

'Epilepsielyer' verdrink by Walvisbaai

Adam Hartman
Die man wie se liggaam Dinsdag in die see naby die Etosha Seafood-kaai op Walvisbaai gevind is, is deur die polisie as die 63-jarige Simson Hishekwa geïdentifiseer.

’n Kollega het sy liggaam omstreeks 07:40 ontdek wat dit onmiddellik aangemeld het.

“Die polisie is na die toneel ontbied en ’n suster het die oorledene by die staatshospitaal in Walvisbaai dood verklaar,” het senior inspekteur Judith Shomongula van die Erongo-polisie gesê.

Hishekwa het glo die vaartuig Therona Maandag omstreeks 17:00 verlaat om na Kuisebmond te gaan.

Owerhede het bevestig dat Hishekwa ’n geskiedenis van epilepsie gehad het wat moontlik tot die voorval kon bydra.

Sy naasbestaandes is in kennis gestel en die polisie se ondersoek na die omstandighede van sy verdrinking duur voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer