Familie wag reeds 16 jaar vir grond
Twee gestremde kinders in huishouding
Fritz Gomachab se familie het aan die begin van die maand kennis gekry dat hulle teen die einde van die maand die erf waarop hulle tans bly, moet verlaat.
“Dit is hartverskeurend. Ek probeer die regte ding doen, die regte pad volg om nie onwettig grond te gryp nie. As dit net ek was, dan kan ek dit vat, maar wanneer ek by die huis kom en ek sien die twee siele, dan is daar net nie woorde nie. Ek is raadop en weet nie wat ek nog moet doen nie,” het Fritz Gomachab, ’n inwoner van die informele nedersetting Goreangab, gesê.
Hy het reeds in 2007 aansoek vir ’n stuk grond by die munisipaliteit van Windhoek gedoen en tot vandag toe nog nie enige grond ontvang nie.
Die familie van agt wat Gomachab se ma, suster en haar twee gestremde kinders sowel as drie skoolgaande meisies insluit, huur tans ’n stukkie grond op iemand se erf.
“Gerald is 30 en hy is verstandelik gestremd. Rachel wat 17 is, het downsindroom. Dit is reeds weens dié twee se gestremdhede dat ek al lankal aansoek gedoen het vir ’n stukkie grond waarop ons ons huis kan bou. Waar hulle veilig en versorg kan woon.”
Bietjie meer as twee jaar gelede het die familie se huis – wat te naby aan die rivier opgerig was – oorstroom.
“Alles was onder water en raadslid Sade Gawanas was hier en het na die omvang van die skade gekyk. Sy is toe as burgemeester verkies en sy was weer hier by ons en het kom kyk.
“Sy het toe gesê ek moet ’n brief skryf en vir haar gaan gee. Ek het weer een geskryf omdat die eerste een verlore gegaan het. Ek het die tweede een persoonlik by haar gaan aflewer.
“Dit is wat ek nog die hele tyd doen. Ek gaan tot by die kantore self om uit te vind wat aangaan, maar jy word van een persoon na die ander, van een gebou na die ander gestuur en dit is nou al vir jare.”
RAADSLID
Gawanas het gesê sy het kos en sinkplate by die familie afgelewer nadat hul huis oorstroom het.
“Ek was nog altyd in kontak met die ouma en het vir haar verduidelik dit is baie moeilik om grond in die hande te kry. Ek het ook ’n kerk gevind wat vir hulle ’n huis sal bou sodra hulle grond het.
“Die munisipaliteit sal dié jaar of volgende jaar 3 000 erwe aan die eerste 3 000 mens op die waglys wat vanaf 2000 kom, gee.
“Ek het ’n spesiale mosie voor die raad gebring weens die gestremde kinders, asook vir nog twee ander families met gestremde kinders. Al drie die families is op die waglys. Ongelukkig vat sulke goed tyd.”
“Ouma voel sy smeek al so lank vir grond en dat dit tevergeefs is, maar ek het ’n kerk gevind wat vir hulle ’n huis sal bou; ek wou net nie die verwagting skep nie en het hulle dus nog nie daaroor ingelig nie.
“Ek wou eers die raad se goedkeuring vir die grond kry en dan vir hulle sê. Ek het onderneem om hulle te help en sal my bes doen om dit te doen. Gee my asseblief net tyd. Ek doen dit nou in my eie tyd en as ’n raadslid. Die raad vat lank om besluite te neem.”
FAMILIE MOET TREK
Die familie het aan die begin van die maand kennis gekry dat hulle teen die einde van die maand die erf waarop hulle tans bly, moet verlaat.
“Ek het geen idee wat om te doen nie. Ons kan voorlopig by iemand anders gaan bly, maar wat maak ons met Rachel en Gerald. Hulle het versorging nodig en kan nie alleen by iemand gaan bly nie.
“As ek alleen was, het ek eenvoudig onwettig my sinkhuis iewers gaan opslaan, maar ek probeer om wettig grond te kry. Ek probeer die regte pad volg, net om keer op keer in ’n toe deur vas te loop.”
Hy het selfs nadat hy gehoor het ’n nuwe burgemeester is verkies na die munisipaliteit gegaan om daar om hulp aan te klop. Dit was volgens hom ook tevergeefs.
“Ek is hartseer, moeg en raadop. Ek het regtig gedink Sade sal haar belofte nakom. Sy was hier toe sy ’n raadslid was en het belowe om te help, toe word sy burgemeester en kom weer hierna toe en het weer belowe.
“Twee jaar lank was sy die burgemeester en twee jaar het sy niks gedoen nie; in teendeel sy het opgehou om my oproepe te beantwoord of my te sien wanneer ek na haar kantoor toe gegaan het. Nou is sy weer ’n raadslid en ons het nog steeds nie grond gekry nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie