Fiksheidswêreld verenig vir dierewelsyn

Naweek van pret en plesier
Die jaarlikse Justice for Animals-liefdadigheidsgeleentheid vind weer volgende maand plaas.
Kristien Kruger
“Die fiksheidswêreld verenig om ons fiksheid en vaardighede ten toon te stel met die doel om bewustheid oor die Justice for Animals-veldtog te skep.”

So sê die hoofafrigter van CrossFit Windhoek – Sold Out On Life, J.P. Camm, oor die liefdadigheidsprojek wat dié klub op 12 en 13 April sal aanbied. Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat CrossFit Windhoek in samewerking met sy medeborg Brand Plan, dié geleentheid sal aanbied.

“Ons skep ’n platform waar individue van alle fiksheidsvlakke bymekaar kan kom en hulself tot ’n groter doel kan uitdaag.”

Die CrossFit-geleentheid het talle kategorieë vir ernstige atlete, fiksheidsfanatici of selfs vir diegene wat net lus is vir pret.

Die opbrengs van die geleentheid gaan aan die Justice for Animals-veldtog.

JUSTICE FOR ANIMALS

Die Justice for Animals Trust is ’n niewinsgewende dierewelsynsorganisasie wat ’n veldtog van stapel gestuur het met die doelwit om dierewelsynswetgewing in Namibië te bevorder.

“Of jy nou ’n boer, ’n troeteldiereienaar of ’n bewonderaar van die natuurlike skoonheid van Namibië is, ons het almal ’n diepgewortelde verhouding met die diereryk, groot en klein,” meen J.P. met betrekking tot dié organisasie se werk.

Die Justice for Animals-veldtog het ten doel om diere se welsyn te bevorder en om te verseker dat Namibië se wetgewing in lyn is met internasionale dierewelsynstandaarde.

“Die trust fokus daarom op alle groepe diere, insluitend troeteldiere, wild en al die ander.”

CROSSFIT

Die tweedag-geleentheid begin op Vrydag 12 April, waartydens individue, mans of vroue, aan die elite fiksheidskategorie kan deelneem, hetsy as ’n Rx-atleet of ’n skaal-atleet.

“In basiese terme – jy is ’n pro (Rx) of jy is fiks (scaled),” verduidelik J.P.

Vir Saterdag word groot pret beplan met tweepersoon-spanne (van dieselfde geslag) wat kan meeding in een van drie kategorieë – Rx, scaled of HIIT.

“HIIT sluit geen tegniese aspekte in nie. Hier word algemene fiksheid op buitengewone maniere getoets.”

Die geleentheid maak ook voorsiening vir korporatiewe en sosiale spanne wat uit vier lede (twee mans en twee vroue) kan bestaan en hulle fokus is op prettige aktiwiteite en niks té ernstig nie.

Alle inskrywings moet via CaptureFit gedoen word. Inskrywings vir individue beloop N$400, tweepersoon-spanne N$800 en korporatiewe en sosiale spanne N$1 400.

NAWEEK VOL PRET

Die naweek behels meer as net fiksheidspret, daar sal ook ’n pretloop, stalletjies en vermaak vir die publiek by die Trustco United-sportgronde aangebied word.

Plaaslike kunstenaars sal ook by ’n gala-aand optree, asook Jay en Lianie May van Suid-Afrika. Tafels vir 10 persone kan teen N$6 000 gekoop word.

Die borge vir die geleentheid sluit in Brand Brokerage, KuduKey, Diverse Marketing en CME Marketing.

BORGE

Volgens J.P. is die organiseerders van die liefdadigheidsgeleentheid op soek na borge om dié inisiatief uit te brei.

Potensiële borge kan J.P. by 081 837 7680 kontak vir meer inligting.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!