Gedenksteen vir Covid-slagoffers

Tanja Bause
’n Gedenksteen met 70 name van Keetmanshoop-inwoners wat aan Covid-19 gesterf het, is in die sentrale park op die dorp onthul.

Verlede jaar toe die pandemie die meeste mense in Namibië geëis het, was me. Maree Smit die burgemeester van Keetmanshoop. Sy en mnr. Heiner Nauman van Kleinmachnaw in Duitsland was bevriend en dit is dié vriendskap wat die gedenksteen moontlik gemaak het.

“Die pandemie was baie erg by hulle en ook hier by ons en Heiner het gesê ek moet ’n voorlegging instuur wat hy aan die munisipaliteit van Kleinmachnaw wil voorlê vir Covid-19-ondersteuning in Keetmanshoop. Ek het dit gedoen, maar die aansoek was nie suksesvol nie. Intussen het die gemeenskap van die dorp geld op hul eie vir Keetmanshoop ingesamel. Op 10 Julie toe die Covid-19-pandemie by ons op sy ergste was, het ons N$42 000 van die inwoners van Kleinmachnaw ontvang,” het Smit gesê.

Met dié geld het hulle middagetes vir die bejaardes van die ouetehuis gegee, sop en kos vir die buite pasiënte en vir die personeel van die hospitaal gegee.

“Ons het ook gloeilampe vir die hospitaal se ongevalle-afdeling gekoop Die hospitaal het in Julie oorgeloop. Daar was so baie pasiënte en daar was geen lig in die ongevalle-afdeling omdat al die gloeilampe stukkend was. Ons het hulle met die geld van Duitsland vervang.”

So baie mense van Keetmanshoop het aan Covid-19 gesterf, en Smit het die idee van ’n gedenksteen gekry.

“Dit was aanvanklik net die mense van die munisipaliteit wat met die idee gespeel het. Op ’n dag het twee mense van die gemeenskap my kom sien en dieselfde idee voorgelê. Ons het hande gevat en Lorenzo van Wyk het die gedenksteen ontwerp en ons het die res van die geld van Duitsland gebruik om die gedenksteen op te rig.”

Die gedenksteen is van marmer en graniet gemaak. Die gedenksteen het vier kante waarop name aangebring kan word. Twee kante is reeds vol en die munisipaliteit is tans besig om nog ’n tafel met name te maak.

“Mense kan gerus name van hul geliefdes wat weens Covid-19 of Covid-verwante oorsake dood is by me. Dawn Kruger van die munisipaliteit ingee. Hulle moet net ’n doodsertifikaat met die naam inhandig en die persoon moet ’n inwoner van Keetmanshoop wees.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!