Droogtehulp Namibië stuur weer vanjaar tydens die droogte hul liefdadigheidsprojek, Kersboks vir ‘n Boervrou, van stapel. Foto ter illustrasie pexel.com
Droogtehulp Namibië stuur weer vanjaar tydens die droogte hul liefdadigheidsprojek, Kersboks vir ‘n Boervrou, van stapel. Foto ter illustrasie pexel.com

Gee 'n Kersboks vir ‘n boervrou

Francoise Steynberg
Droogtehulp Namibië doen weer ‘n beroep op die publiek om hul liefdadigheidsprojek, Kersboks vir ‘n boervrou, te ondersteun.

“Ons wil baie graag weer ons boervroue hierdie jaar bederf. Dit sal beslis 'n verskil in haar lewe maak, veral in moeilike tye soos tydens die droogte,” sê Henriëtte Le Grange van die organisasie.

Sy vra dat geskenkbokse in die tweede week van November by afleweringspunte ingehandig word om genoegsame tyd vir die organisasie te gun om dit aan boervroue uit te deel. Die geskenkbokse sal dan saam met vragte voer uitgedeel word.

"Vriendinne kan hande vat om saam ‘n geskenkboks te pak."

Le Grange sê dit is 'n wonderlike idee om 'n skoenboks vol bederfprodukte vir 'n boervrou te pak wat kos en lekkernye soos tuisgebakte koekies of beskuit, droëvrugte en neute, heuning of konfyt, sjokolade of lekkers en koffie insluit.

Bederf ook ‘n boervrou met skoonheidsprodukte, huishoudelike items soos servette of ‘n tafeldoek, plante of blomsaad of iets om mee te ontspan soos ‘n tydskrif of ‘n boek, legkaart of bordspeletjie. Praktiese items soos ‘n waterbottel of koffiefles is ook welkom.

Le Grange benadruk ‘n persoonlike boodskap van ondersteuning en hoop in ‘n kaartjie is die belangrikste.

“Dit is belangrik om te onthou dat die gebaar van omgee en ondersteuning die grootste waarde het,” sê sy.

Elma Lausberg skryf op Droogtehulp Namibië se Facebookblad sy het in 2019 die mooiste donkerblou serp in so geskenkboks ontvang: “Tot vandag toe as ek daardie serpie sien of gebruik, sê ek dankie in my gedagtes. Ek dink aan die persoon en vra dat ons Hemelse Vader haar ook sal seën.”

Hou Droogtehulp Namibië se Facebookblad dop vir die afleweringspunte landwyd. Vir verdere navrae kontak 081 124 9670.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° #N/A #N/A