Gesinne verloor alles in brand
Agt gesinne in Lüderitz se informele nedersetting Benguela het Saterdag omstreeks 05:30 al hul besittings in ’n brand verloor.
Die agt sinkhuise wat die Donkerhoek-gemeenskap “die trein” noem, is in die brand verwoes asook drie voertuie.
Robin von Dutch sê die huise het soos ’n trein gelyk. “Die sinkkamers was aaneen en langwerpig en was so lank soos ’n trein.”
Die Namibiese polisie se misdaadverslag het aangedui niemand is in die brand beseer nie en dat die oorsaak van die brand nog onbekend is.
“Die mense het alles verloor. Kom ons kyk hoe ons as ’n gemeenskap kan help. Ons benodig dringend kos, klere en komberse. As jy by die huis iets het wat rondlê en jy dit nie meer gebruik nie, asseblief help die families,” is op die Facebookblad van Luderitzbucht - Past and Present geplaas.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie