Geskenke en sokkies vir Kersfees

Tanja Bause
Kinders van die Tutaleni-informele nedersetting in Walvisbaai en wat ook deel is van Promiseland, is voor die skole uiteindelik vir die vakansie gesluit het, met 'n Kerspartytjie by die Promiseland Sentrum bederf

Volgens Jenny Esterhuizen, projekkoördineerder van Promiseland, is al die skenkings wat deur die jaar oorgebly het en wat skoene, speelgoed en klere insluit, op 'n tafel uitgestal.

“Elke kind kon dan vir hom of haar iets vir Kersfees uitsoek, iets wat hulle graag wou hê. Elke kind wat die dag by ons sopkombuis geëet het, het sy eie geskenkie gekies en huis toe gevat. Hulle het ook almal lekkergoed gekry. Ons het meer as 800 kinders op die dag deur ons deure gehad,” het sy gesê.

Wat die dag nog meer besonders gemaak het, is die stigter van Kasi Socks Akuuma Andrias, wat 480 paar sokkies aan die kinders uitgedeel het.

KASI SOCKS

Andrias en sy jonger suster het in die Kuisebmond-informele nedersetting grootgeword.

“Wanneer daar nie kos in die huis was nie of my ma moes laat werk, het ons by die Promiseland-sopkombuis gaan eet. Ek weet wat Promiseland vir my beteken het. Ek weet ook daar is baie mense in Namibië in geheel wat nie vir hul kinders nuwe sokkies kan bekostig nie,” het hy gesê.

Andrias het in 2020 met Kasi Socks begin en van meet af besluit om terug in minderbevoorregte gemeenskappe en veral kinders te ploeg.

“Ek het met die ‘Buy one, Donate one’-inisiatief begin. Dit beteken vir elke paar sokkies wat ek verkoop, skenk ek uit my eie sak 'n paar vir 'n kind. Verlede jaar het ek 60 pare geskenk en dié jaar amper 500,” vertel hy trots.

Andrias hoop om volgende jaar nog meer te kan skenk en ook in drie dorpe en nie net in Walavisbaai nie.

PROMISELAND

’n Groep mense het in 2007 begin om daagliks ’n warm bord kos aan tussen 100 en 250 straat- en kwesbare kinders in die informele nedersetting Tutaleni in Walvisbaai te gee. In die begin is die kos in ’n houer sonder lopende water of krag voorberei en aan die kinders bedien. Daar was geen toiletgeriewe of ’n afdak waar die kinders hul maaltye kon eet nie.

Dieselfde jaar is die Promiseland Trust gestig en ’n huis is in Tutaleni gekoop. Herstelwerk aan die huis is begin en met die ondersteuning van die gemeenskap en besighede is die Promiseland Sentrum begin. Die sentrum het ’n sopkombuis en saal om die kinders nie net van kos te voorsien nie, maar bied ook basiese opleiding en dagsorg. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!