Members of the Backyard tenant group
Members of the Backyard tenant group

Groep wil behuisingskrisis op Walvisbaai help verlig

Frieda Molotho
Die Walvis Bay Backyard Tenants Group het ’n beduidende stap vorentoe geneem om die behuisingskrisis op dié dorp te takel deur N$1,5 miljoen aan die Walvisbaai-munisipaliteit te betaal.

Die betaling, wat op 1 Augustus gemaak is, is vir die aankoop van Deel 19 van Plaas 37 by die hawedorp.

Die verteenwoordiger van die groep, Immanuel Festus, het dit as ’n stap in die regte rigting beskryf.

“Ons het N$1,5 miljoen gedeponeer in plaas van die N$237 000 wat aanvanklik deur die raad as ’n 10%-deposito vereis is.

“Ons wil aan die raad bewys dat ons kan. Ons kan die plaaslike en die nasionale regering halfpad ontmoet in die stryd teen die behuisingsagterstand,” het hy gesê

Die ooreenkoms tussen die huurders en die raad sluit verskeie voorwaardes in.

Een van die voorwaardes stipuleer dat “die eiendom voetstoots sonder enige waarborg verkoop word en die koper is verantwoordelik vir die koste en konstruksie van noodsaaklike dienste, insluitend grondwerke en grootmaatdienste”.

Festus sê die fokus van die groep is om ’n huis te besit, selfs al beteken dit om verkoopsvoorwaardes uit te daag.

“Ons sal eerder sukkel met die streng voorwaardes van die verkoopsooreenkoms met die wete dat ons ’n plek sal besit wat ons ‘huis’ kan noem,” het hy gesê.

Die groep het meer as 2 000 lede en is ’n besparingsgroep van die gemeenskap vir behuisingsdoeleindes.

Een van die lede, Indileni Hailundu, het verlede maand gesê sy veg vir grondtoekenning nadat sy reeds ses jaar op Walvisbaai woon.

Sy het bygevoeg dat die hoë huurkoste op die hawedorp haar genoodsaak het om vir grond by Plaas 37 aansoek te doen.

“As ons [’n gedeelte van die grond] toegeken word, sal die raad ons daarvan vrystel om soveel geld aan maandelikse huur te bestee, en ons sal ook geld vir ander behoeftes kan spaar,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!