Handleiding vir San-ouers
Die Women’s Leadership Centre (WLC) het Vrydag ’n handleiding bekend gestel met die doel om ouers in die San-gemeenskap toe te rus met ouerskapvaardighede sodat hulle die beste moontlike opvoeders vir hul kinders kan wees.
Die handleiding getiteld ‘Becoming the parents our children need’ vorm deel van die WLC se projek om geweld in hierdie gemeenskappe te bekamp deur bewusmaking en opvoeding oor dié kwessie. Die projek word deur die ambassade van Finland gefinansier.
Die boek is by die Tabitha sentrum in Khomasdal, Windhoek, bekend gestel en mnr. Royal Johan Kxao ǀUiǀoǀoo, die adjunkminister van gemarginaliseerde mense en ’n lid van die San-gemeenskap, het die geleentheid bygewoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie