Hawelose broers oorleef op straat
Volgehoue vrees en honger
Die broers bedel bedag vir kos en slaap saans in 'n verlate gebou.
Drie minderjarige seuns sê hulle moet in Ondangwa se strate oorleef, nadat 'n konfrontasie tussen familielede hulle haweloos gelaat het. Op 'n vraag hoe hulle op straat beland het, het die oudste seun Joseph Shikongo (nie sy regte naam) gesê hy en sy broers het saam met hul ma by hul tannie in die huis gebly. Hulle is egter ná 'n bakleiery tussen hul ma en die tannie weggejaag. Volgens die broers is hul ma ook weggejaag en het hulle haar sedert laas maand nog nie weer gesien nie.
"Ons het een dag van die skool afgekom en ons tannie het vir ons gesê om die huis te verlaat. Ná dit het ons ons ma nog nie weer sedert Mei gesien nie en dwaal ons in die strate in Ondangwa rond," het hy vertel.
Hoewel die seuns skuiling in 'n verlate huis deur 'n vreemdeling aangebied is, bestee die broers hul dae deur in asdrommme te grawe vir oorskietkos.
Saans skuil hulle teen mekaar onder ou komberse wat deur 'n kerk vir hulle gegee is vir warmte.
"Ons bring ons dae deur om vir kos te soek en te bedel by goeie Samaritane. Sommige dae kry ons 'n bietjie kos, ander dae kry ons weer niks."
Die drie seuns is tussen die ouderdomme van nege en twaalf en sê hul lewens word oorskadu deur vrees en voortdurende honger.
Hul gedwonge haweloosheid hou ook implikasies in vir die seuns, veral in terme van hul skoolloopbane. Die drie seuns was almal vroeër op die skoolbanke en is dit eens dat hulle wens hulle kon terugkeer en soos ander kinders wees.
"Ons oorlewing kom nou voor skool. Ons het nie 'n stabiele huis of ouers wat vir ons rigting gee nie."
Die seuns is tydens hul onderhoud met die verslaggewer om 21:30 gewaar by 'n winkel wat reeds gesluit was en waar hulle besig was om vir enige kos te soek.
Volgens die burgemeester van die dorp, Paavo Amwele, is hawelose kinders wat in die strate van Ongwediwa oorleef, nie 'n geïsoleerde probleem nie. Amwele sê sy kantoor het inligting ontvang van ander minderjariges wat snags onder vragmotors in die dorp slaap. Hierdie kinders moet gehelp word. Ons moet vasstel hoe ons die ouers van hierdie kinders kan betrek," het hy gesê. Volgens hom sal sy kantoor ook met die regering in gesprek tree om die beste manier te vind om die kwessie van die dorp se hawelose kinders te takel. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie