'Help ons kinders'
Daar is geen woorde vir dié soort pyn en hartseer nie. Ons lees elke dag van die tragedie van babas en klein kinders wat vermoor word en ’n mens dink nooit dat dit met jou familie kan gebeur nie.
“Nie omdat jy dink jy is beter as ander nie,” sê Ansua Hammerslaght, Namibië se verteenwoordiger by die Mev. Heelal-kompetisie, “maar omdat ons vertrou en glo God is in beheer”.
Ansua en haar familie is onlangs hard getref deur ’n geval van geweld teen kinders waarin ’n nabye jong familielid na bewering deur sy ma vermoor is. Ansua het gister in Sofia, Bulgarye, geland vir haar deelname aan die Mev. Heelal-kompetisie wat tot 5 Februarie duur en wat vanjaar ook op geslagsgeweld fokus.
“Jy bid elke dag vir veiligheid en gesondheid en vir jou kinders. As moeder is dit vir my so seer, want ons is die hoofbeskermers van ons kinders, ons is hul veiligheid en heenkoms. Al wil jy nie, dink jy elke oomblik wat daardie klein baba moes deurmaak.”
As rolmodel en iemand wat dit nou self so na aan haar ervaar, wil Ansua bewusmaking oor geslagsgeweld en geweld teen vroue en kinders in die kollig plaas en hou.
“Ek voel dit kan verhoed word. Ons verloor onskuldige babas, kinders en mammies. Dit veroorsaak so baie pyn en hartseer in die families en gesinne.”
Laasgenoemde lei weer tot nog tragedie, want nie almal weet hoe om die pyn en verlies te hanteer nie, sê Ansua.
Familie- en gemeenskapslede, vriende, vriendinne en broers en susters wat besef iets is nie pluis nie, moet dadelik gaan hulp soek en nie daaroor stilbly nie, maan sy.
“As ons dit kan vermy, hoef ons nie seer te kry nie. Die regering moet nuwe wette in plek stel om verandering te weeg te bring. Dit sluit in swaarder strawwe vir ma’s en pa’s of enige misdadiger wat ’n baba of kind mishandel of ’n lewe neem.”
Ook wette wat keer dat as ’n kind weens geweld in ’n kinderhuis of -sorg beland, die ouers nie sonder meer die kind kan terugneem nie.
“Ek wil nuwe wette hê. Ons moet ook meer tyd met ons kinders by skole en kinderhuise bestee om vir hulle te sê hulle mág praat as daar iets fout is.”
Sy sou ook graag wil sien dat die program My Keuse My Toekoms terug na skole gebring word en wat kinders inlig oor waar hulle om hulp kan gaan aanklop.
“Ons kinders is ons toekoms, ons leiers van môre en oormôre. Waar gaan ons eindig as ons hulle nie veilig hou en beskerm nie? In my grootwordjare het jy nooit gehoor van ’n tienjarige seun wat homself ophang nie. Waarheen is ons op pad, besef ons nie die dinge wat vandag gebeur, is onnatuurlik nie?
“Ons het God nou meer as ooit nodig en ons moet ons pad na Hom vind. Ons leiers moet opstaan, ons kan nie ’n oog met ’n oog vergeld nie, dit maak almal blind. Dit is tyd dat ons saamstaan en God aanroep.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie