Help4Nam verbly kinderharte
Kersvader het vanjaar danksy die liefdadigheidsorganisasie Help4Nam vir die tweede agtereenvolgende jaar met 'n sak vol geskenke en lekkergoed by jong pasiënte in die Katutura-hospitaal in Windhoek gekuier. Vanjaar is meer as 90 kinders en 'n paar mammas bederf, vertel die stigter Stephanie Collins, teenoor die 60 kinderpasiënte wat verlede jaar bederf is.
Help4Nam is deur drie Namibiese vroue gestig wat tans in die Brittanje woon en met die doel om mense in nood in hul geboorteland te help. Die drie vroue is oorspronklik van Khomasdal en het nog baie sterk bande met die mense in die land en kom kuier so gereeld as moontlik.
“Ons het tydens die Covid 19-krisis fondsinsamelings gehou om noodkospakkies te koop en te versprei via ons netwerk van vrywilligers in Namibië. Ons help huishoudings en gemeenskappe wat deur ons vrywilligers en vennote as die meeste in nood geïdentifiseer is en werk in die informele nedersettings van Okahandja, Rehoboth en Windhoek,” vertel Stephanie.
Stephanie woon die afgelope 20 jaar in Londen. Sy en medestigter Marliese Williams-Gill is jarelange vriende wat destyds in Windhoek saam gewerk het.
“Marliese se ma was ook my graad 1-onderwyser by die primêre skool Gammams gewees. Sy woon nou in Manchester en ons tesourier Cathy Paisley wat in Liverpool woon, is my jonger suster.”
Sy het nog altyd daarvan gedroom om ‘n kosbank vir die mense by die huis te begin, sê Stephanie.
"Nadat die pandemie toegeslaan het, het ek begin kyk hoe ons te werk kan gaan. Ek het my werk aan die begin van die pandemie verloor en baie tyd op my hande gehad om geld by vriende, bure en familie in Brittanje in te samel.”
Met die geld het Help4Nam se vrywilligers in Windhoek die kos gaan koop en in pakkies opgemaak.
“Ons het begin om eerste na huishoudings met klein kinders te kyk. Ons het sewe vroue wat in die gemeenskappe woon waarin ons werk. Hulle is ons ruggraat, ons voete op die grond en sonder hulle sou ons werk nie moontlik wees nie.”
Vanjaar se Kersfees-bederf is moontlik gemaak deur CIC Promoters, Namibia Dairies en Pick n Pay.
"Ons hoop om nog geskenke oor die feestyd by sommige kinderhuise te kan uitdeel. Mense wat graag tandepaste, tandeborsel, waslappie, seep, lyfroom, koeldrank en gesonde lekkernye vir 'n bederfpakkie wil skenk, kan 'n epos na [email protected] stuur." - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie