Hofgeding oor Osino glo oorskot opgrawe
Familie glo nie geraadpleeg
Die oorskot van vier mense is glo opgegrawe in 'n verkenningstog op soek na goud.
Ogone Tlhage - ’n Regsgeding dreig nadat Osino Resources die oorskot van vier mense tydens 'n verkenningstog opgegrawe het.
Die oorskot van Johannes en Godfriendine Auchab asook twee van hul kinders is glo op die plaas Okwayo in die Karibib-omgewing opgegrawe om vir die eksplorasie vir goud plek te maak.
Osino is van plan om nog verkenningswerk te doen vir sy Twin Hills-projek wat onlangs aan Dundee Precious Metals verkoop is.
Die Auchab-familie het by monde van hul regsverteenwoordiger Norman Tjombe gesê die oorskot is sonder behoorlike konsultasie met die familie opgegrawe.
"Die vernietiging van begraafplase en die opgrawe van hul familielede se oorskot was ongrondwetlik en nie net teenstrydig met deel twee van die ordinansie vir begraafplase van 1966 nie, maar is ook ’n blatante minagting van hulle waardigheid, tradisies en geloof soos dit deur artikels 8 en 19 van die Namibiese grondwet beskerm word," het Tjombe gesê en bygevoeg dat die familie nooit geraadpleeg is voor die oorskot opgegrawe is nie.
Tjombe verduidelik dit is onlogies vir Osino om die oorskot onwettig en sonder enige waarskuwing aan die familie op te grawe.
Osino word ook daarvan beskuldig dat hulle die familie van hul reg ontneem het om hul kultuur en geloof te beoefen.
"Om die oorskot van hul familielede weer te begrawe, vereis ingewikkelde logistieke beplanning wat nie net finansiële implikasies het nie, maar ook in lyn moet wees met hul kultuur en geloof," het Tjombe gesê.
Osino se tydsberekening het ook na bewering die familie in ag geneem nie.
"Dat hulle wil bepaal wanneer die oorskot weer begrawe word, nadat jy onwettig die begraafplase vernietig en hul oorskot opgegrawe het, wys ’n vlak van onsensitiwiteit wat gelykstaande is aan ’n skending van ons kliënte se regte," het hy gesê.
Osino sê intussen hulle het verlede jaar met die familie in verbinding getree oor die kwessie en voortdurend die familie se insae gevra.
"Osino was oor die laaste jaar in gesprek met direkte nasate van die oorledenes met die oog op hul eenstemmige bydraes en met betrekking tot die proses wat gevolg moet word," het hy gesê.
Die maatskappy het sy optrede verdedig en gesê dit het sorgvuldig stappe geneem om te verseker dat dit wat van die Auchabs se oorskot oorgebly het, in een stuk bly.
"Die oorskot is in kiste geplaas en word tans by Nambob se geriewe op Swakopmund gehou. Die reëling is tydelik aangesien Osino voorberei om hulle in die Karibib-begraafplaas te begrawe," het Osino gesê.
"Ons is deur die argeoloog wat toesig hou oor die proses aangeraai dat die oorskot weens hul broos toestand, so gou as moontlik moet herbegrawe word. Die ideaal sou wees dat hulle nie later as die einde van volgende week begrawe word nie."
Die Auchab-familie eis N$30 miljoen van Osino, terwyl dié maatskappy volgens 'n dagblad aangebied het om vir N$800 000 te skik. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie