Home of Good Hope ’n lig vir kinders

Aldo Horn
“Ek het Home of Good Hope in 2007 begin, ná die dood van my 16-jarige dogter. Dit is tóé dat ek besluit het om terug te gee aan die gemeenskap,”

Só vertel die stigter van Home of Good Hope, Monica Imanga.

Sy het uit haar werk bedank en met spaargeld het sy dié crèche begin. Dit het aanvanklik net sowat 45 kinders gehad en spog tans met byna 1 200.

Die crèche is in die informele nedersetting Goreangab geleë en verskaf onderrig, naskoolsorg en huiswerkondersteuning, asook gesondheidsorg en voedingsondersteuning aan behoeftige babas en kinders tot hul vroeë hoërskoolloopbaan.

“Die kinders staan in lang rye, en wanneer die een groepie klaar kos geskep het, beweeg die volgende groepie in,” vertel Monica.

Monica se kollega, Leoni Futter, verduidelik dat hulle afhanklik van skenkings is – veral wanneer dit by kos kom. Die Home of Good Hope ontvang veral skenkings van Nederland en Duitsland en spreek sy dank uit teenoor die Emmanuel Kerk sowel as Namib Mills vir hul kosskenkings.

Verder vertel die twee vroue hoe bly dit hulle maak om later weer die kinders raak te loop wat eens by hulle was.

“Van die kinders wat hier by ons geëet het, is nou onderwysers, of prokureurs – daar is selfs ’n sjef. Dis stories soos dié wat alles die moeite werd maak,” sê Monica en Leoni terselfdertyd.

Die crèche help nie net om kinders te voed nie, dit help hulle ook om onder meer skoolklere en boeke te kan bekostig sodat hulle skool toe kan gaan.

“Sommige kinders kom sonder ’n geboortesertifikaat by ons aan. Ek kry dan hierdie dokumente reg sodat hulle ook skool toe kan gaan,” sê Monica.

NUWE PROJEKTE

Een van die nuwe projekte wat Home of Good van stapel gestuur het, is om ’n nuwe kliniek te bou.

Die doel van die projek is om beter gesondheidsorg te verskaf, veral aan swanger tieners.

“Baie meisies raak swanger wanneer hulle tieners is – dikwels deur mans wat baie ouer as hulle is.

“Hulle dink dit is die einde van hul lewens, maar ek wil hê hulle moet weet dat dit net die begin is,” sê Monica.

Die kliniek kan dan ondersteuning bied sodat hierdie tieners hul skoolloopbaan kan voltooi terwyl hul babas versorg word.

Nog ’n projek, wat reeds gedeeltelik aan die gang is, is om ’n kind te “borg”.

Futter verduidelik dat sommige gesinne ’n kind finansieel aanneem – hulle sorg dat die kind van kleintyd af tot ná universiteit ondersteun word. Die gesinne volg dan die kind se vordering soos hulle ouer word.

Om meer geld vir die projek in te samel, het Home of Good Hope ook ’n kompetisie geloods.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!